Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skotse Barclay pak stewels vir goed weg

Die voormalige Skotse rugbyspeler John Barclay, wat sy land by drie Wêreldbeker-toernooie verteenwoordig het, se dae as klubspeler is ook nou iets van die verlede.

John Barclay loop hom teen ’n Ier vas by die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Japan. Foto: Getty Images

Barclay, ’n losvoorspeler en boorling van Hongkong wat die Skotte ook aangevoer het, het reeds in Desember aangedui dat sy toetsloopbaan iets van die verlede is. Hy het Saterdag gesê hy gaan ook nie langer klubrugby speel nie.

Die 33-jarige Barclay het van 2005 tot 2015 vir die Glasgow Warriors gespeel, voordat hy na die Scarlets geskuif en hulle gehelp het om die Pro12-titel in 2017 te wen. Meer onlangs was hy by Edinburgh, wat hom vroeër die seisoen vrygestel het.

Hy het Skotland in 76 toetse verteenwoordig nadat hy sy toetsbuiging in 2007 gemaak het en was by die Wêreldbeker-toernooie in 2007, 2011 en 2019 in aksie.

“Nadat ek lank nagedink het, het ek besluit om my loopbaan vaarwel toe te roep. Jy weet wanneer dit tyd is, en terwyl Covid-19 dit ’n frustrerende einde gemaak het, gaan die einde nie oor die sprokiesverhaal nie. Die hele storie was ’n sprokiesverhaal,” sê Barclay volgens ’n verklaring van die Skotse Rugbyunie.

“Die geleentheid wat ek gekry het om iets waarvoor ek lief is vir 16 jaar te doen, het my genoeg herinneringe gegee vir die res van my lewe.

“Ek sou nooit as kind in my wildste drome gedink het dat ek toetsrugby sou speel nie. Om my land aan te voer, is iets waarop ek die res van my lewe trots sal wees.” – Sportredaksie

Meer oor:  Glasgow Warriors  |  Skotland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.