Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skot het g’n bedenkinge oor SA spelers

Gregor Townsend, Skotland se afrigter, sê hy het geen bedenkinge daaroor om nog ’n groentjie te kies wat danksy die verblyfreël kwalifiseer om sy span in die Nasiesbeker te verteenwoordig nie.

Gregor Townsend het vier Suid-Afrikaans gebore spelers in sy groep vir Saterdag se toets teen Ierland. Foto: Getty Images

Dit wemel behoorlik van Suid-Afrikaans gebore spelers in Skotland se 23-tal en kommer neem toe oor die getal buitelandse gebore spelers in die sport.

Die voormalige Leeu-losskakel Jaco van der Walt is Donderdag gekies om Saterdag sy toetsbuiging vir die Skotte te maak. Duhan van der Merwe draf op linkervleuel uit, terwyl die stutte Oli Kebble en WP Nel die plaasvervangersbank sal warm hou.

“Daar is ’n klompie kwessies waaroor jy peins wanneer jy jou span kies,” sê Townsend.

“Die individu en wat hy tot die span bydrae en sy spelpeil; kombinasies want kohesie is werklik belangrik op toetsvlak; en die wedstrydplan en die teenstanders wat jy pak.

“Nie die feit of hy in Skotland aan Skotse ouers gebore is en nog altyd hier bly of dat hy weens die verblyfreël gekwalifiseer het nie. Dit is nie deel van jou besluitneming as jy jou span kies nie.

“Jaco woon die afgelope drie jaar hier waar hy vir Edinburgh speel en hy het weens sy goeie vertonings die reg verdien om oorweeg te word.”

Daar is diegene wat glo Skotland lewer nie genoeg van sy eie spelers van gehalte nie.

“Nee, ek is nie daaroor bekommerd nie want ons lewer nou beter spelers as ooit vantevore,” sê hy.

“Ons werk baie hard daaraan om mededingend te bly en ek dink ons diepte is beter as ooit vantevore.”

Townsend sê Skotland het ’n lang geskiedenis om spelers te kies wat nie in die land gebore is of grootgeword het nie.

“Dit was nog altyd die geval,” sê hy.

Wêreldrugby het sy verblyfreël van volgende jaar af na vyf jaar verleng.

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.