Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skotse flank (29) tree uit oor kop-besering

Die Skotse losvoorspeler David Denton (29) het op mediese advies sy uittrede uit beroepsrugby aangekondig.

Die Skotse losvoorspeler David Denton.Foto: Getty Images

Dié verrassende besluit volg nadat hy die afgelope 11 maande ’n stryd teen harsingskudding gevoer het.

Denton, wat 42 toetse vir Skotland gespeel het, het verlede jaar in Oktober, toe hy vir die Leicester Tigers teen Northampton Saints gespeel het, ’n harde hou teen die kop gekry.

Dié harsingskudding het meegebring dat hy nie vir die Wêreldbeker-toernooi in Japan oorweeg kon word nie.

“Toe die neuroloog vir my sê hy dink nie dis ’n goeie idee om weer rugby te speel nie, was ek ’n bietjie verlig, as ek moet eerlik wees,” het Denton in ’n verklaring gesê.

“Dié ding het nou al vir vier, vyf maande in my opgebou. Ek is al deur al die emosionele hoogte- en laagtepunte en was voorbereid (op die verdoemende mediese advies).”

Denton sê hy glo Wêreldrugby doen wat hy kan om kopbeserings te beperk, maar stem nie saam met hul planne om alle duikslae bo die heupe onwettig te maak nie.

“Om streng op te tree teen duikslae bo die skouers, was ’n positiewe stap, maar ek dink dit gaan meer kwaad as goed doen as hulle duikslae bo die heupe onwettig maak,” het Denton gesê.

Gregor Townsend, Skotland se afrigter, het uit Japan gesê dis ’n groot teleurstelling om ’n speler kwyt te wees wat nog soveel vir Skotse rugby kon gebied het.

Denton is in Zimbabwe gebore en was in Kingswood College op Grahamstad op skool.

Die Springbok-losskakel Pat Lambie en Wallaby-senter Anthony Fainga’a het ook vroeër vanjaar weens harsingskudding uitgetree. – Reuters

Meer oor:  Harsingskudding  |  Skotland  |  David Denton  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.