SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Skotse senter Huw wil weer vir Stormers speel
Huw Jones in aksie vir die Westelike Provinsie in die Streeptruie se triomfantelike Curriebeker-veldtog in 2017.Foto: Gallo Images

Het die Westelike Provinsie genoeg geld in die bank om vir die Stormers ’n buitesenter van wêreldgehalte te kontrakteer vir aanstaande jaar se Superrugby-reeks?

Dís die groot vraag in Nuweland se wandelgange nadat verteenwoordigers vir die Skotse senter Huw Jones glo aangedui het dat hy graag komende seisoen in die Superreeks wil speel.

Jones (25) het hom ná die Westelike Provinsie se Curriebeker-triomf in 2017 by die Glasgow Warriors aangesluit. Hy het op 31 Augustus vanjaar teen Georgië in Tbilisi sy laaste toets vir Skotland gespeel, maar is heel verrassend uit hul Wêreldbeker-groep weggelaat.

Die kanse lyk ook nie goed dat Jones veel in die Sesnasiesreeks sal speel nie. Netwerk24 het verneem dat hy met die Warriors se breier, Dave Rennie, koppe gestamp het. Rennie is vandeesweek as die Wallabies se nuwe afrigter aangewys, maar neem eers in Junie aanstaande jaar die leisels.

Jones wil glo vir ’n span in die Engelse Premierliga speel en hoop om in die tussentyd weer ’n Kaapse draai te maak.

Hy het aan die einde van 2012 uit Engeland vir niks meer nie as ’n gapingsjaar na Bishops in die Kaap toe gekom, maar toe via die klubrugby-roete tot op Superrugby-vlak gevorder.

Huw Jones rond ’n drie af vir Skotland in ’n Sesnasies-kragmeting met Engeland. Foto: Getty Images

Die Skotte het hom in 2016 raakgesien en hy het reeds daardie jaar sy toetsbuiging teen Japan in Tokio gemaak. Teen die einde van 2017 kon die WP hom nie meer bekostig nie.

Jones was die Speler van die Wedstryd in 2017 se Curriebeker-eindstryd – ’n prys wat destyds grappenderwys deur die WP se afrigter, John Dobson, betwis is. Dobson het toe gemeen dat die prys gegaan het aan ’n “mooi Skotse seun wat lyk soos ’n lid van die popgroep Westlife” eerder as die man wat dit verdien het, die vaskopstut Wilco Louw.

Inderwaarheid is daar ’n baie sterk band tussen Jones en Dobson, met die speler wat sy afrigter by die Streeptruie in 2017 as ’n “inspirasie” beskryf het.

Die feit is dat die Stormers hul verlore Skotse seun baie nodig het. Die Stormers is immers vier senters, Damian de Allende, JJ Engelbrecht, EW Viljoen en Dan Kriel, kwyt.

Sy beskikbare senters is dus Dan du Plessis, Ruhan Nel, Rikus Pretorius, Michal Haznar en Matt Moore. Daar is egter vrae oor elkeen van hulle.

Sy beskikbare senters is dus Dan du Plessis, Ruhan Nel, Rikus Pretorius, Michal Haznar en Matt Moore. Daar is egter vrae oor elkeen van hulle.

Du Plessis is kwesbaar vir beserings, Nel sal sewesrugby-verpligtinge hê indien die Stormers die uitspeelrondes van die Superreeks haal, Pretorius en Moore is bloedjonk en Haznar het self nog nie Superrugby gespeel nie.

Om De Allende te verloor, is veral ’n groot terugslag.

Hy word onder die voorste binnesenters ter wêreld gereken en kan met sy kragspel sy span op die voorvoet kry. Met sy huidige personeel is dít ’n kaart wat Dobson nie sal kan speel nie.

Meer oor:  Damian De Allende  |  Huw Jones  |  Skotland  |  Kaapstad  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Superrugby  |  Kontrak  |  Senter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.