Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skotse ster gaan Bok-toets misloop

Die Skotse heelagter Stuart Hogg sal nie sy land in November se rugbytoetse kan verteenwoordig nie nadat hy ’n enkeloperasie moes ondergaan.

Stuart Hogg vroeër vanjaar in die Sesnasies-reeks in ’n toets teen Italië in aksie. Foto: Getty Images

Die 26-jarige Hogg het die besering vroeër vandeesmaand in ’n Pro14-wedstryd vir sy klub, Glasgow Warriors, teen Munster opgedoen.

Hy het saam met die Warriors na Suid-Afrika gereis vir dié span se Pro14-wedstryde teen die Cheetahs en Southern Kings. Hy is egter Vrydag, ’n dag voor die kragmeting met die Kings, huis toe gestuur en is dadelik geopereer.

Hogg is ’n sleutelspeler in die Skotse span en was in 2016 én 2017 die Sesnasies se Speler van die Reeks. Hy sal vir sowat drie maande op die kantlyn wees.

Hogg het verlede jaar ’n soortgelyke teleurstelling beleef toe sy toer in Nieu-Seeland, as lid van die Britse en Ierse Leeus, deur ’n besering kortgeknip is.

Skotland speel op 3 November teen Wallis in Cardiff, waarna tuistoetse op Murrayfield teen Fidji, die Springbokke en Argentinië volg. – Reuters

Meer oor:  Skotland  |  Bokke  |  Springbokke  |  Stuart Hogg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.