Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skotte eindelik op wenpad in Sesnasies-reeks

’n Manjifieke drie deur Skotland se kaptein, Stuart Hogg, het Saterdag sy land tot ’n eerste oorwinning in vanjaar se Sesnasies-veldtog gehelp.

Stuart Hogg van Skotland seil oor die doellyn vir sy drie teen Italië in die spanne se Sesnasies-kragmeting.Foto: Getty Images

Die Skotte het Italië met 17-0 in Rome geklop met die Azzurri wat nou 23 wedstryde op ’n streep in dié reeks verloor het.

Dit was egter ’n wedstryd wat nie veel meer as die Skotse ondersteuners opgewonde sou hê nie.

Buiten Hogg se drie in die eerste helfte, die enigste punte in die eerste 40 minute, was daar nie veel om oor huis toe te skryf nie.

Hogg, wat sy span ’n goeie vertoning geskuld het nadat twee agtereenvolgende swak wedstryde in die laaste vesting sy span duur te staan gekom het, het uiteindelik vergoed.

Die heelagter is deur ’n groot gaping gesit nadat Blair Kinghorn vir Matteo Minozzi onder druk geplaas het met ’n goed geplaaste skop.

Minozzi het inderhaas van die bal ontslae probeer raak en met ’n swak skop die hande van Jamie Ritchie gevind in die middelveld.

Die flank het toe vir Hogg uitgegee met die kaptein wat doellyn toe genael het vir sy span se eerste punte.

Dit was ook die Skotte se eerste drie in die 2020 Sesnasies-reeks.

Chris Harris en Adam Hastings kon toe die spyker in die Italianers se doodskis slaan met twee drieë, maar die Skotte was nietemin weer skuldig daaraan dat hulle talle belowende geleenthede deur hul hande laat glip het.

Die eerste hiervan was na net agt minute se speeltyd, waar ondersteuners verskoon sou word as hulle begin wonder het of enige van die Skotse spelers nog witlyn-koors het.

Rondom die halfuur-kerf het Ali Price ook gedink sy naam tel onder die puntemakers toe hy deurgedraf het, maar die kykweer het egter gewys dat ’n vorentoe-aangee sy drie voorafgegaan het.

Skotland pak oor twee weke vir Frankryk by Murrayfield, met Italië wat hom reeds sal staal vir sy 24ste agtereenvolgende Sesnasies-nederlaag wanneer hy na Ierland opruk om die gasheer in die Aviva-stadion te pak.

* Puntemakers:

Skotland 17 (5): Drieë: Stuart Hogg, Chris Harris, Adam Hastings. Doelskop: Hastings.

Italië 0.

Meer oor:  Sesnasies-Reeks  |  Italië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.