Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skotte pos Maitland ná gefuif
Sean Maitland sal nie hierdie naweek vir Skotland teen Wallis oorweeg word nie. Foto: Getty Images

Die Skotse vleuel Sean Maitland sal Saterdag se Sesnasies-rugbystryd teen Wallis misloop omdat hy nie die Covid-19-protokol gevolg het terwyl hy verlede week by die Barbarians was nie.

Maitland was een van twee groepe Barbarians wat Dinsdag en Woensdag hul hotel, wat as bioborrel gedien het, sonder toestemming verlaat het om te gaan uiteet en kuier.

Dié optrede het daartoe gelei dat Sondag se wedstryd tussen die Baabaas en Engeland, wat op Twickenham gespeel sou word, toe gekanselleer is.

“Ons werk hard om te verseker dat ons oefenkamp veilig is wat Covid-19-protokol betref en as gevolg van Sean se optrede verlede week by die Barbarians, sal hy nie nou by ons kan aansluit nie,” het Gregor Townsend, Skotland se afrigter, gesê.

Volgens hom sal Maitland se situasie in die komende weke hersien word.

Ratu Tagive, ’n vleuel van die Glasgow Warriors, het hom Maandag by die span aangesluit.

Nog ’n vleuel, Damien Hoyland, sal weens ’n enkelbesering nie vir die komende paar wedstryde oorweeg kan word nie. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Sean Maitland  |  Barbarians  |  Eddie Jones  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.