Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skotte spreek spyt uit oor tifoon-sage

Die Skotse Rugbyunie (SRU) het die boete aanvaar wat hom opgelê is en het “sy spyt uitgespreek” vir opmerkings deur sy verteenwoordigers oor die moontlike kansellering van sy kragmeting teen Japan in die afgelope Wêreldbeker-toernooi.

Japan se Kenki Fukuoka duik oor teen Skotland by die Wêreldbeker-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

Dít volg nadat Wêreldrugby die Skotte met £70 000 beboet het nadat Mark Dodson, uitvoerende hoof van die SRU, met regsaksie gedreig het kort voordat die tifoon Hagibis Japan verlede maand getref het.

Dodson het daarop gesinspeel dat Nieu-Seeland anders hanteer sou word, indien hy homself in so ’n posisie sou bevind.

Daar was ’n moontlikheid dat Skotland se laaste groepwedstryd teen Japan afgestel sou word, wat die Skotte van die kans sou beroof om nog ’n plek in die uitspeelrondes te bespreek. Die wedstryd is toe wel beslis, met die Brave Blossoms wat met 28-21 gewen en Skotland buitendien uitgeskakel het.

Die SRU is verlede week in ’n onafhanklike verhoor skuldig bevind en behalwe vir die boete wat aan hom opgelê is, moes hy ook om verskoning vra.

Donderdag het Wêreldrugby in ’n verklaring gesê dat die SRU sy spyt oor die voorval uitgespreek het en dat die kwessie nou afgehandel is.

“Die SRU het ooreengekom om ’n donasie ter waarde van £70 000 aan Wêreldrugby te betaal. Daar sal geen verdere opmerkings oor die kwessie deur enige van die partye gemaak word nie.” 

– Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Mark Dodson  |  Wêreldrugby  |  Boete  |  Japan  |  Skotse Rugbyunie  |  Wêreldbekerrugby  |  Tifoon Hagibis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.