Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skotte wen toutrekkery oor Redpath

Skotland het Cameron Redpath ingesluit in sy groep van 35 spelers vir die Sesnasiesreeks nadat Engeland ook in die Bath-senter se dienste belanggestel het.

Cameron Redpath volg in sy pa, Bryan, se voetspore. Bryan het 60 toetse vir Skotland gespeel. Foto: Getty Images

Redpath se pa, Bryan, het 60 toetse op skrumskakel vir die Skotte gespeel en hulle ook aangevoer, maar pogings om hom vir toetse in November en Desember te betrek het misluk. Hy het hom nou egter daartoe verbind om deel te wees van afrigter Gregor Townsend se veldtog om die toetsgroep oor te bou.

“Ons was lank reeds in gesprekke met hom,” sê Townsend.

“Ons wou hom al verlede jaar inspan, maar hy het gevoel dit is nie die regte tyd om hom tot ons of Engeland te verbind nie. Nou is hy gereed om vir ons te speel en ons dink hy kan ’n groot bydrae in die Sesnasies lewer. Hy het die afgelope tyd werklik goed vertoon vir Bath.”

Benewens Redpath is die hakers David Cherry en Ewan Ashman, asook die slot Alex Craig die groentjies in die groep.

Die Suid-Afrikaans gebore Oli Kebble, WP Nel, Jaco van der Walt en Duhan van der Merwe is ook weer ingesluit.

Skotland begin sy veldtog op 6 Februarie teen Engeland.

Skotse groep:

Voorspelers: Ewan Ashman, Simon Berghan, David Cherry, Alex Craig , Scott Cummings, Allan Dell, Matt Fagerson, Zander Fagerson, Gary Graham, Grant Gilchrist, Jonny Gray, Richie Gray, Oli Kebble, Willem Nel, Jamie Ritchie, Grant Stewart, Rory Sutherland, Blade Thomson, George Turner en Hamish Watson.

Agterspelers: Darcy Graham, Chris Harris, Stuart Hogg (k), Huw Jones, Blair Kinghorn, James Lang, Sean Maitland, Byron McGuigan, Ali Price, Cameron Redpath, Finn Russell, Scott Steele, Duncan Taylor, Jaco van der Walt en Duhan van der Merwe.

– Reuters

Meer oor:  Cameron Redpath  |  Skotland  |  Toetsrugby  |  Sesnasiesreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.