Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skuif nie op agenda vir vergadering

Ondanks nuwe berigte dat Suid-Afrika sy rugbyheil binnekort in Europa gaan soek, is ’n moontlike onttrekking uit die Sanzaar-vennootskap glo nie op die agenda vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se jaarvergadering Woensdag nie.

Die toekoms van Suid-Afrika se Superrugby-spanne sal glo nie ’n besprekingspunt wees wanneer die Suid-Afrikaanse Rugbyunie Woensdag sy jaarvergadering aanlyn hou nie. Foto: Getty Images

Rapport het die naweek berig die Sanzaar-vennootskap tussen Suid-Afrika, Australië, Nieu-Seeland en Argentinië is verby op Superrugby-vlak en dat die Stormers, Bulle, Leeus en Haaie reeds in 2021 of in 2022 deel van die Pro14-reeks kan word. Op die laatste sal die skuif in 2023 gebeur, is berig.

’n Woordvoerder het Dinsdag gesê Saru lewer nie kommentaar op bespiegelinge in die media nie.

Daar word egter verneem dat uitsaai-ooreenkomste wat reeds tot 2025 gesluit is, ’n skuif na die noorde kan bemoeilik.

Aan die ander kant van die munt, kan die Covid-19-pandemie en gepaardgaande reisbeperkings dié ooreenkomste moontlik in die gedrang bring, het ’n betroubare bron aan Netwerk24 gesê. As die huidige uitsaai-ooreenkomste deur die pandemie beïnvloed word, kan dit die deur vir Suid-Afrika oopmaak om noord te trek.

Dit is geen geheim nie dat verskeie prominente figure in veral Nieu-Seeland en Australië, onder wie die oud-All Black Andrew Mehrtens, ’n pad vorentoe sonder Suid-Afrika sien. Vir Saru kan ’n skuif na die noorde ook voordelig wees, veral uit ’n geldelike oogpunt en vanweë die meer gunstige tydverskil.

Eduard Coetzee, die Haaie se uitvoerende hoof, sê hy het self nog nie veel inligting behalwe dit wat hy in die media gelees het nie.

Dit is soms goed om te kyk of jy nog op die regte pad is.
Edgar Rathbone

“Ek kan nie veel insae gee nie, want ons praat maar deur Saru en hulle gee vir ons inligting,” sê Coetzee.

“Daar is baie finansiële aspekte wat ’n mens moet oorweeg. Daar is nog nie vir ons ’n finale besluit gegee nie.”

Edgar Rathbone, die nuwe uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), sê die Covid-19-pandemie dwing Suid-Afrikaanse rugby om selfondersoek te doen.

“Dit is soms goed om te kyk of jy nog op die regte pad is.

“Daar moet egter nog baie gebeur voordat daar ’n groot besluit (oor deelname in die Superreeks of die Pro14-reeks) geneem kan word.

“Wat belangrik is, is dat enige besluit oor die toekoms in die beste belang van Suid-Afrikaanse rugby geneem moet word.”

Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof van die Leeus, het Maandag aan Christo Buchner gesê dis ’n baie sensitiewe saak en dit sal onvanpas wees om nou ’n mening daaroor te hê.

Vroeër vanjaar was daar gerugte dat die Springbokke die Rugbykampioenskap vaarwel kan toeroep en voortaan aan die Sesnasies-reeks kan deelneem.

In reaksie hierop, het Andy Marinos, Sanzaar se uitvoerende hoof, gesê SA Rugby het hom tot die Superrugby-reeks en die Rugbykampioenskap verbind tot die einde van 2025, wanneer nuwe uitsaai-ooreenkomste tot ’n einde kom. Sanzaar het uitsaai-ooreenkomste van vyf jaar onderteken, wat op 1 Januarie 2021 in werking tree.

Meer oor:  Edgar Rathbone  |  Rudolf Straeuli  |  Eduard Coetzee  |  Saru  |  Sanzaar  |  Rugby  |  Superrugby  |  Pro14
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.