Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skuif weg van Nuweland nóg ’n tree nader

Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) is ’n tree nader aan ’n skuif van Nuweland na die Kaapstad-stadion nadat hy Maandagaand ’n inligtingsessie met sy klubs oor die kwessie gehou het.

Thelo Wakefield / Foto: Gallo Images

“Dit was ’n fantastiese inligtingsessie,” sê die WPRU se president, Thelo Wakefield.

“Die klubs is uiteindelik tevrede dat ons met ’n goeie ding besig is. Ons het ’n deurdagte analise oor die WP en die Kaapstad-stadion gedoen.

“As ons ’n unie van wêreldgehalte wil ontwikkel moet ons ook geriewe van wêreldgehalte hê en vir ondersteuners ’n ervaring van wêreldgehalte kan bied.”

Wakefield het bygevoeg daar is nie ’n tydlyn vir die WP se verwagte skuif na die Kaapstad-stadion nie.

“Daar is nog ’n paar dinge waaroor ons met die Kaapstadse stadsraad moet onderhandel,” sê hy.

Die suksesvolle sessie met die klubs is wel ’n sterk aanduiding dat gesprekke moet voortgaan, voeg hy by.

Wakefield het in Oktober verlede jaar reeds gesê ’n skuif weg van Nuweland is op die horison en dat gesprekke met die Kaapse metro vlot verloop.

Dit kos die WP jaarliks byna R8 miljoen om Nuweland in stand te hou. Daar is nou ook ’n behoefte aan ’n nuwe speeloppervlak, wat die unie R19 miljoen uit die sak kan jaag.

Die gesprekke tussen die WP en Kaapse Metro het glo al ver gevorder.

“Ons moet gaan waar dit aanlokliker en mooier is, en ons wêreldrugby kan aanbied,” het Wakefield toe gesê.

Meer oor:  Thelo Wakefield  |  Wpru  |  Kaapstad-Stadion  |  Nuweland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.