Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Slaggate op Bokke se pad by 2023 se WB

Daar kan ’n paar slaggate in die Springbokke se pad in die Wêreldbekertoernooi van 2023 in Frankryk wees.

Wêreldrugby het Vrydagmiddag aangekondig dat die loting vir die toernooi op 14 Desember sal plaasvind en dat die wêreldranglys van 1 Januarie 2020 gebruik sal word.

Die rede daarvoor is dat reekse vanjaar wêreldwyd weens die Covid-19-pandemie in die wiele gery is en dit verreikende gevolge vir die topspanne kan inhou.

Daar is vyf groepe van vier spanne elk (volgens die ranglys) en een span van elke groep sal in vier groepe geloot word.

Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, en sy spanmaats toe hulle die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Japan gewen het. Foto: Getty Images

Die vier spanne wat verlede jaar in die halfeindronde van die WB-toernooi in Japan gespeel het, Suid-Afrika, Engeland, Nieu-Seeland en Wallis, is in die eerste groep ingedeel met Suid-Afrika eerste, Engeland tweede, Nieu-Seeland derde en Wallis vierde gekeur.

Die Bokke sal dus dié drie spanne in die groepfase vryspring, maar kan dan saam met Frankryk ingedeel word.

Ierland, wat tans vierde in die wêreld is, is in die tweede groep saam met Frankryk, Australië en Japan.

Skotland, Argentinië, Fidji en Italië is in die derde groep, met lande wat nog moet kwalifiseer, in die onderste twee groepe.

Ons moet almal besef dat dit ’n unieke tyd is en dat ons ter wille van billikheid vir alle gekwalifiseerde spanne ’n streep moes trek.

Die moontlikheid bestaan dus dat die Bokke saam met Argentinië en Australië in ’n groep geplaas kan word, of selfs saam met die gasheer, Frankryk, en Skotland.

“Ons moet almal besef dat dit ’n unieke tyd is en dat ons ter wille van billikheid vir alle gekwalifiseerde spanne ’n streep moes trek,” het Bill Beaumont, Wêreldrugby se president, gesê.

“Ons kan nie uitstel nie, en ons moet voortgaan met die beplanning om ’n skouspelagtige en spesiale Wêreldbekerrugbytoernooi in 2023 in Frankryk aan te bied.”

Wêreldrugby het ook besluit dat die loting in die toekoms ’n jaar voor die toernooi sal plaasvind om die ranglys meer akkuraat te maak.


Groep 1: Suid-Afrika, Engeland, Nieu-Seeland, Wallis.
Groep 2: Ierland, Australië, Frankryk, Japan.
Groep 3: Skotland, Argentinië, Fidji, Italië.
 Groep 4: Oseanië 1, Europa 1, Amerikas 1, Asië/Suidsee 1.
 Groep 5: Afrika 1, Europa 2, Amerikas 2, Kwalifiserende uitspeelwedstryd-wenner.
Meer oor:  Bokke  |  Wb-2023  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.