Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
1 Cheetah het koronavirus onder lede
Die Ikeys-senter Evardi Boshoff is in die Cheetahs se beginspan vir hulle oefenwedstryd teen Griekwas Vrydag in Kimberley. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs gaan Vrydag pleks van ’n oefenwedstryd teen die Pumas in Pretoria speel, nou eerder teen Griekwas in Kimberley vir die komende Curriebeker-reeks slyp.

Dít volg ná al die onsekerheid vandeesweek wat teweeggebring is nadat 11 spelers van die Oostelike Provinsie, asook hul afrigter (Peter de Villiers) ná hul wedstryd teen die Vrystaat in Bloemfontein die afgelope Saterdag positief vir Covid-19 getoets is. Die tuisspan het ’n wegholoorwinning van 74-7 behaal.

Ná die onthulling van al die Covid-19-infeksies in die OP se kamp, het die Cheetahs besluit om al hul spelers weer te laat toets.

Die Cheetahs se hele groep, wat spelers en spanbestuur insluit, is almal Maandag negatief vir Covid-19 getoets.

Die tweede ronde van toetsing is toe Donderdagoggend gedoen.

Die groep is vanoggend weer getoets en slegs een speler is positief getoets.

“Die groep is vanoggend weer getoets en slegs een speler is positief getoets,” lui ’n verklaring van die Cheetahs.

Die spelers het ná die toetse gaan oefen.

Die Oostelike Provinsie sou die naweek teen Griekwas gespeel het, maar die wedstryd is sedertdien gekanselleer.

Die Cheetahs sal nou Vrydag (12:30) ’n voorsmaak kry van wat op hulle wag in hul eerste Curriebeker-wedstryd – teen die einste Poubloues op 26 Junie in Kimberley.

Griekwas begin hul aanslag in die Premierliga van die reeks reeds volgende naweek tuis teen die Haaie.

Die Ikeys-senter Evardi Boshoff is een van ses spelers in die Cheetahs se groep wat in die afgelope Varsitybeker-reeks gespeel het.

Die spanne is:

Cheetahs: Clayton Blommetjies, Duncan Saal, Evardi Boshoff, Howard Mnisi, Cohen Jasper, Reinhardt Fortuin, Ruan Pienaar (k), Jeandré Rudolph, Aidon Davis, Andisa Ntsila, Derik Pretorius, Jacques Potgieter, Aranos Coetzee, Marnus van der Merwe, Cameron Dawson. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Alulutho Tshakweni, Hencus van Wyk, Brandon Fortuin, Chris Massyn, Tian Meyer, Brandon Thomson, David Brits, Branden de Kock, Siya Masuku, Luhan Potgieter, Gideon Van Wyk.

Griekwas: Masixole Banda, Daniel Kasende, Ederies Arendse, André Swarts, Eduan Keyter, Tinus de Beer, Stefan Ungerer (k), Ruan Steenkamp, Stefan Willemse, Gideon van der Merwe, Cameron Lindsay, Adré Smith, Andries Schutte, Alandré van Rooyen, Andrew Beerwinkel. PLAASVERVANGERS: Janco Uys, Tijde Visser, Ewald van der Westhuizen, Andrew Kuhn, Mzwanele Zito, Carl Els, Hanru Sirgel, Siba Qoma, Raegan Oranje, George Whitehead, Enver Brandt, Johnathan Francke, Christopher Hollis, Ashlon Davids.

 
Meer oor:  Bloemfontein  |  Kimberley  |  Cheetahs  |  Covid-19  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.