Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Slim skopwerk wag op Bokke in Wallis, Skotland

Die Springbokke kan hulle maar regmaak vir slim taktiese skopwerk wanneer hulle later vandeesmaand teen Wallis en Skotland speel.

In Gareth Anscombe het Wallis en in Adam Hastings het Skotland losskakels met goeie visie en geleerde skopvoete.

Leigh Halfpenny se skopskoen het weer die telbord aan die rol gehou vir Wallis. Foto: Getty Images

Dit was Saterdag duidelik toe Wallis en Skotland mekaar in die Principality-stadion in Cardiff gepak het.

Wallis het met 21-10 gewen nadat hy rustyd met 14-10 voorgeloop het.

Skotland het in die eerste helfte die meeste speelwerk gedoen met Wallis wat meer die taktiek van hoog skop en storm toegepas het.

Die tuisspan het ook goed meegeding by die afbreekpunte en Skotland het daar ’n paar strafskoppe afgestaan.

Leigh Halfpenny, Wallis se heelagter, het die telbord aan die rol gehou met drie suksesvolle strafskoppe.

Tien minute voor die einde van die eerste helfte het Wallis se sterk regtervleuel, George North, ’n paar verdedigers afgeskud vir ’n drie.

Net voor rustyd het Skotland gewys dat hulle sterk kan dryf en hul kaptein, Stuart McInally, het deurgebars vir ’n drie.

’n Suksesvolle strafskop en doelskop deur die talentvolle losskakel Adam Hasting het die rustyd telling 14-10 in Wallis se guns gemaak.

Vroeg in die tweede helfte het Wallis se een senter, Jonathan Davies, gaan druk ná ’n mooi lopie.

Halfpenny het verdoel om die telling 21-10 te maak.

Dit was ook die eindtelling. Maar die telling vertel nie die hele verhaal nie, want Skotland was baie beter as wat die telling aandui.

Eintlik het hulle meestal gebiedsvoordeel geniet, maar hul afronding was nie na wens nie.

Die Bokke kan taai wedstryde teen altwee spanne verwag.

* Puntemakers:

Wallis 21 (14): Drieë: George North, Jonathan Davies. Doelskop: Leigh Halfpenny (1). Strafskoppe: Halfpenny (3).

Skotland 10 (10): Drie: Stuart McInally. Doelskop: Adam Hastings (1). Strafskop: Hastings (1).

Meer oor:  Skotland  |  Wallis  |  Bokke  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.