Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Slimbal’ in Varsitybeker gebruik

’n Bal wat statistieke van die wedstryd dadelik aan ondersteuners beskikbaar stel, gaan in die uitkloprondes van die Varsitybeker-rugbyreeks gebruik word.

Dié innovasie sal geld in die halfeindstryde Vrydag in Pretoria, wanneer Maties en Tuks en ook Ikeys teen die Noordwes-Universiteit te staan kom. Die eindstryd van die reeks word Sondag beslis.

Die toestel in die bal, wat as die “slimbal” bekend staan, hou boek van besonderhede soos skoppe in spel, lynstane, aangeë, balbesit en gebiedsvoordeel in ’n wedstryd.

Dit beteken dat ondersteuners gedurende die wedstryd insiggewende statistieke op die Varsitybeker se sosialemedia-platforms te sien sal kry.

Die bal wat in die uitspeelrondes van die Varsitybeker-reeks gebruik gaan word, gaan soos gewoonlik lyk, net met ’n toestel aan die binnekant wat data oor die wedstryd beskikbaar gaan stel. Foto: Varsity Cup/Catherine Kotzé

“Ons is ongelooflik opgewonde oor die geleentheid om saam met die Varsitybeker en SuperSport te werk om ons produk te bring aan ondersteuners en afrigters in Suid-Afrika,” sê Dugald Macdonald, uitvoerende hoof van Sportable, vervaardiger van die produk, in ’n verklaring.

Die Varsitybeker het die afgelope paar jaar ’n aantal innovasies, byvoorbeeld die sewepunt-drie, suksesvol in die reeks toegepas. ’n Sewepunt-drie word toegeken as die oorsprong van ’n drie wat gedruk is, in ’n span se eie halfgebied was.

Dié bal gaan in die toekoms ook skeidsregters se lewe straks effens makliker maak. In toekomstige kompetisies sal die bal fluitjieblasers dadelik laat weet as daar ’n vorentoe aangee was.

Statistieke van wedstryde, soos die hoek waarteen skoppers pale toe aanlê, die tyd wat verloop vandat die bal gevang en uitgegee word, tyd wat die bal in die lug hang van ’n skop en die afstand wat ’n skop byvoorbeeld getrek het, sal alles beskikbaar wees.

Die beskikbaarheid van die data sal afrigters ’n ander insig op hul span se vertoning op die veld gee en hulle in staat stel om beter voor te berei. – Sportredaksie

Meer oor:  Varsitybeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.