Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Small-Smith bly tot 2021 ’n Cheetah

Te midde van die feit dat die getal beroepsrugbyspelers in Suid-Afrika drasties verminder gaan word, het die Cheetahs goeie nuus vir ondersteuners.

Die unie het daarin geslaag om die dienste van een van sy mees getroue diensknegte te behou.

William Small-Smith soek deurkomkans teen Zebre in Januarie in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Die vleuel William Small-Smith (26) het vandeesweek ’n langtermynkontrak met die franchise onderteken wat hom tot einde Oktober 2021 in Bloemfontein sal hou.

“Ons het die seisoen ’n paar nuwe manne bygekry nadat ons heelwat spelers aan die einde van verlede seisoen verloor het wat ons graag sou wou behou het.

“Ek hoop dat ek met die langtermynkontrak met die Cheetahs ’n voorbeeld stel vir die manne wat nou hier is,” sê Small-Smith.

“Hiermee wil ek vir hulle sê ek glo in wat ons doen, ek glo in hulle (spelers) en in die Vrystaat. Kom ons bly vir ’n paar jaar hier en kom ons wen ’n paar toernooie.”

Hy sê met sy koms vanaf die Bulle na die Cheetahs in 2016 was hy op soek na geleenthede en dit is presies wat hy gekry het. Small-Smith is by uitstek ’n senter, maar is deur die Cheetah-afrigter, Franco Smith, na vleuel geskuif. In dié posisie het hy nog nie teleurgestel nie.

“Ek speel in ’n span met ongelooflike potensiaal en ’n groep spelers wat baie talentvol is. Ek glo ons kan ’n krag word indien die huidige groep saam bly. Nie net in die Curriebeker-reeks nie, maar ook in die Pro14-reeks.

“Ja, ons het verlede jaar baie spelers verloor, maar ons het ewe goeie spelers bygekry en ek sal graag wil sien dat hulle hier bly.”

Small-Smith sê dit was vir hom maklik om ’n langtermynkontrak met die Cheetahs te sluit, want MJ Smith (verantwoordelik vir die kontraktering van spelers) het lank reeds daartoe ingestem en dit is iets wat hulle albei wou hê.

Hy sê dis ’n voorreg om te kan doen waarvoor hy lief is en boonop daarvoor betaal te word.

“Hierdie (Cheetahs) is my huis en ek wil graag ’n bydrae maak. Wie weet, hopelik kan ek die franchise eendag in ’n beter toestand los as wat ek dit gekry het,” sê Small-Smith beskeie.

Hy sê die Cheetahs is dié seisoen in die Pro14-reeks nie waar hulle graag sou wou wees nie, maar hy glo tog as ’n paar wedstryde hulle kant toe geswaai het, sake anders daaruit sou kon sien.

“Mense moet egter perspektief behou, die span wat verlede seisoen uitgespeel het vir ’n plek in die kwarteindronde het sedert 2015 saamgespeel.

“Dié seisoen was ons ’n nuwe klomp manne bymekaar. Nie dat ons dit as verskoning gebruik as ons nie goed speel nie.

“Ons raak elke wedstryd beter en ons wil soos enige span graag alles wen. Daarom is dit belangrik dat ons die Pro14-reeks (se oorblywende vier wedstryde) goed afsluit en ’n goeie smaak in die ondersteuners se monde laat,” sê Small-Smith.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  William Small-Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.