Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Small-Smith net tydelik Johannesburger

William Small-Smith, veelsydige agterspeler van die Cheetahs, gaan om die heen-en-weer ryery uit te skakel vir sy rehabilitasie vir harsingskudding tydelik by sy ouers in Johannesburg bly.

William Small-Smith in aksie in die wedstryd teen die Haaie waarin hy harsingskudding opgedoen het. Foto: Gallo Images

Hy het nie verhuis nie en gaan ook nie volgens gerugte later vir die Leeus beskikbaar wees nie.

Small-Smith (28), wat senter en vleuel speel, het sedert die harsingskudding wat hy op 27 Desember in die Curriebeker-wedstryd teen die Haaie in Bloemfontein opgedoen het, behandeling by dr. Jon Patricios in Johannesburg gekry.

“Hy het ’n paar goed opgemerk wat hom bekommer het,” sê Small-Smith

Patricios word as een van die beste spesialiste in die land beskou as dit by harsingskudding kom en het ’n rehabilitasieprogram van drie maande vir hom voorgestel.

Hy het dit toe met die Cheetahs se mediese span bespreek.

Die baie ryery tussen Bloemfontein en Johannesburg die laaste maand of wat was vir hom baie vermoeiend.

Small-Smith gaan nou saam met sy vrou in sy ouers se tuinwoonstel bly.

Hy sê sy vrou gaan nou by ’n tak van haar werk in Johannesburg werk.

Small-Smith sê hy hanteer sake net soos enige ander besering.

“Ek sal rêrig graag weer wil speel,” sê Small-Smith wat tot einde 2022 by die Cheetahs gekontrakteer is.

Hy sal aan die einde van April weer getoets word.

Die moontlikheid bestaan wel dat hy hom in Johannesburg kan gaan vestig indien hy nie meer rugby kan speel nie.

Die Cheetahs begin hulle aanslag in die nuwe voorbereidingsreeks Saterdag in Kaapstad teen die Stormers.

Meer oor:  Jon Patricios  |  William Small-Smith  |  Stormers  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.