Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Smith se Top 14-debuut eindig met rooikaart
Ben Smith vroeër gedurende ’n All Black-oefensessie in Japan.Foto: Getty Images

Die All Black-senter Ben Smith se Franse Top 14-debuut het op ’n teleurstellende noot geëindig toe hy ’n rooikaart gewys is vir ’n gevaarlike voorarm-stormlopie.

Die begaafde middelveldspeler moes die grootste gedeelte van sy klubspan, Pau, se kragmeting met Stade Francais die naweek van die kantlyn af dophou nadat hy in die 52ste minuut die trekpas gegee is.

Om skande by skade te voeg het Pau die wedstryd teen die onderste span op die Top 14-puntelys, met 18-21 verloor.

Smith, wat 84 toetse vir die All Blacks op sy kerfstok het, is deur die skeidsregter, Alexandre Ruiz, afgestuur nadat hy met sy elmboog kontak gemaak het met Stade se haker Lucas Sa Silva se keel. Die impak het die haker vir ’n rukkie katswink gelaat.

“Ons voel baie jammer vir Ben,” het Pau se breier, Frederic Manca, agterna gesê. “Dit was nie sy bedoeling om met sy linkerelmboog die teenstander se keel te tref nie.”

Dit was nie sy bedoeling om met sy linkerelmboog die teenstander se keel te tref nie.
Frederic Manca

Pau was vroeg voor in die wedstryd, maar Stade het net voor die rustyd en net daarna gaan druk.

Die sukkelende span moes hierna klou vir al wat hy werd is om voor te bly, want die Pau-kaptein, Lucas Rey, het agt minute voor die einde gaan druk en Tom Taylor het verdoel om die gaping drie punte te maak.

Stade Francais se dissipline het self gelol met twee spelers wat ná geelkaarte ’n ruk in die koelkas deurgebring het.

Dit was Stade se derde sege van die seisoen. Pau het darem ’n bonuspunt ingesamel.

Die span het nou ses uit elf wedstryde verloor en bevind hom 12de op die puntelys, agt voor Stade.

Smith sal outomaties die span se volgende wedstryd teen puntelysleiers Bordeaux misloop en ’n tugkomitee sal besluit of sy straf verleng moet word. – stuff.co.nz

Meer oor:  Ben Smith  |  Frankryk  |  Top14  |  Rooikaart  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.