Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle se Smith staal hom vir ‘Rooi Gevaar’

Hy het al gehoor van die Kaap se “Rooi Gevaar”, maar hom nog nooit in ’n skrum teëgekom nie.

Dit klink amper na iets soos die ontwykende ridder waarna Valiant Swart in sy liedjie Die Mystic Boer verwys, maar in dié geval is dit ’n afspraak met die Stormers se Springbok-kragman Steven Kitshoff.

Mornay Smith beur in Januarie in die Curriebeker-eindstryd teen die Haaie op Loftus Versfeld vorentoe. Foto: Gallo Images

Hoewel die Bulle-span eers Donderdag aangekondig word, is die kanse groot dat Mornay Smith Saterdag in die Kaapstad-stadion vir die eerste keer in sy loopbaan in die voorry teen Kitshoff sal moet sak.

Vir ’n jong stut van 23, wat verlede seisoen sy eerste treë op senior vlak gegee het, moet dit sekerlik tans vir onrustige nagte sorg?

“Ek sal nie sê ek het slapelose nagte nie, maar dit is ’n baie groot uitdaging. Ek het baie huiswerk oor hom gedoen en dit is ’n groot geleentheid om my aan die voorste loskopstut in die land te meet.”

Dié produk van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion sê ’n stut moet hom by elke teenstander kan aanpas.

“Jissie, ek sal eers moet kyk waarmee hy na vore kom. Elke stut het sy eie maniertjies, en wanneer iemand jou onder druk plaas, moet jy met ’n teenvoeter kom om die oorhand te probeer kry.

“Dis nie maklik nie. Hy het baie meer ervaring, en ek is nog ’n jongerige stut, maar dit is ’n wonderlike uitdaging teen iemand wat al die rondtes gedoen het.

“Ek sal Saterdag moet werk met wat ek het.”

Smith sê hulle moes ná die afgelope Saterdag se oorwinning oor die Leeus in die Reënboogbeker-kompetisie ’n paar verstellings maak.

“Dit was moeilik, want die veld was nat en dit was nie maklik om staande te bly nie. Ons gee aan ’n paar klein goedjies aandag.”

Hy sonder die Springbok-agtsteman en Bulle-kaptein, Duane Vermeulen, uit vir die rol wat hy sover in sy loopbaan gespeel het.

“’n Ou kan baie by hom as kaptein en as mens leer. Hy is ’n ongelooflike voorbeeld vir die spelers om hom.”

Volgens Smith het hy “geen idee” of Vermeulen Saterdag gaan terugkeer nadat hy vroeër vanjaar ’n knieoperasie ondergaan het nie.

Jake White het Saterdag gesê hy glo Vermeulen en Trevor Nyakane sal terugkeer om teen die Stormers te speel, maar die Bulle stuur nie meer Maandae hul gebruiklike beseringsverslag aan die media nie.

Dit is glo om die teenstanders aan die raai te hou.

Dit sal Donderdag eers duidelik wees of die Bok-duo saam na Kaapstad gaan reis.

Meer oor:  Bulle  |  Reënboogbeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.