Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Smith-tweeling kies koers na VSA
Ruan en JP Smith gaan volgende jaar rugby in Amerika speel. Foto: Queensland Reds

Australië se Suid-Afrikaans gebore Superrugby-tweeling Ruan en JP Smith verlaat die Queensland Reds om volgende jaar in Los Angeles rugby te speel.

Die broers het in Suid-Afrika grootgeword voordat hulle na Doer Onder verhuis het. Hulle geniet deesdae Australiese burgerskap en bedryf hul eie Suid-Afrikaanse vleisbesigheid wat in boerewors en biltong spesialiseer.

Rugby365 berig die stutte sal vir die LA Giltinis uitdraf wat in Venice Beach gesetel is. Dié span sal van Maart af in sy eerste seisoen meeding in die vierde uitgawe van die reeks wat voortaan uit 13 spanne bestaan.

Die tweeling bedryf ’n vleisbesigheid in Australië.

Die Giltinis is genoem na ’n mengeldrankie (wat nog nie bekendgestel is nie) en word besit deur die Aussie Adam Gilchrist – ’n gimnasium-magnaat, nie die krieketster nie – wat ook die eienaar van die Austin Gilgronis-rugbyspan is.

Die reeks het reeds ’n klomp voormalige Wallabies gelok, insluitende Chris Latham, wat Utah sal afrig, Stephen Hoiles (hulpafrigter by LA) en Drew Mitchell (New York).

Die Springbok Tendai Mtawarira (Washington DC), die All Blacks se Ma’a Nonu (San Diego) en die Fransman Mathieu Bastareaud (New York) het voorheen in die reeks gespeel.

Matt Giteau en Adam Ashley-Cooper word ook verbind met die LA-klub wat deur die voormalige Wallaby-haker Adam Freier bestuur word.

– Sportredaksie

Meer oor:  Reds  |  Vsa  |  Jp Smith  |  Superrugby  |  Ruan Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.