Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Só bly Cheetahs skerp tydens pandemie

Die Cheetahs se spelers het vir mekaar uitdagings gestel om seker te maak hulle behou hul fiksheid in die inperkingstydperk.

Tian Meyer, skrumskakel en klubkaptein van die Cheetahs, sê hoewel hulle baie beperk is met wat hulle mag en nie mag doen nie, is hulle darem toegerus met ’n klompie idees om fiks te bly.

Tian Meyer. Foto: Gallo Images

Dit word steeds betwyfel of die Pro14-reeks enigsins hervat gaan word, maar Meyer sê die span het nietemin ’n verantwoordelikheid om fiks te bly.

Volgens die skrumskakel het Quintin Kruger, die span se fiksheidsafrigter, vir die spelers voorbeelde gestuur van hoe hy wil hê hulle moet oefen.

“Dis ons verantwoordelik om dit na te kom, fiks te bly en so hard ons kan te probeer oefen binne die perke wat daar vir ons gestel is,” sê Meyer.

“Dis maar moeilik, maar ek dink die grootste uitdaging is om positief te bly deur hierdie hele tyd en ook om by familie te staan. Baie mense sukkel, baie mense se werksprobleme en uitdagings is groter as dié van ons wat net moet fiks bly. Maar dit is natuurlik ons werk en as ons weer na die oefenveld terugkeer, moet ons so gou as moontlik op standaard wees.”

Kruger wys daarop dat die spelers se liggame gewoond was daaraan om die meeste van die dae in die gimnasium te oefen en daarby nog twee keer op die oefenveld te kom.

Volgens hom gaan dit baie selfdissipline en -motivering van die spelers verg om die toestand waarin hulle liggaam was te probeer behou.

“Ek het ’n paar verskillende opsies vir die spelers deurgestuur wat hulle daagliks by die huis kan doen. Hulle moet elke dag sowat 50 tot 60 minute aaneen oefen.”

Kruger sê die spiere, hart en spelers se dieet is basies die drie hoofaspekte waaraan daar aandag gegee word.

“Die spelers se dieet is belangrik in hierdie tyd om hulle vetpersentasie te behou en die oefeninge is daar om die harttempo so ’n bietjie op te kry en aan die spieruithouvermoë te werk.”

Kruger sê voorts hulle hou mekaar betrokke. Die oefengroep is verdeel in groepe – die vaste vyf, die losvoorspelers, die binneste agterspelers, ensovoorts. Elke groep kry ’n beurt om skermgrepe te deel van wat hulle doen.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.