Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Só deel almal die goeie spelers

Rassie Erasmus, wat die dubbele rol van Springbok-afrigter en direkteur van rugby in Suid-Afrikaanse rugby vervul, wil met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se nuwe kontrakteringsmodel toesien dat die beste rugbyspelers beter oor die land versprei word, maar, sê hy, “dit sal nie oornag gebeur nie.

“Ons kan aanvanklik groeipyne en probleme (met die nuwe model) verwag, maar hopelik sal dinge in die volgende jaar in plek val,” het Erasmus Vrydag gesê.

­Erasmus­

Saru, MyPlayers (die professionele rugbyspelers se organisasie) en die Suid-Afrikaanse Rugby-werknemersorganisasie (Sareo) het Vrydag die veranderinge aan die kontrakteringsmodel aangekondig.

Springbokke sal nou nie meer regstreeks deur Saru gekontrakteer word nie, terwyl franchises slegs 45 professionele spelers op hul boeke mag hê. Hulle mag ook nie ’n begroting van R60 miljoen oorskry nie. Saru sal ook spelers van nasionale belang identifiseer. Die die nasionale rugbyliggaam sal dan ’n finansiële bydrae tot dié spelers se vergoeding maak.

Volgens Erasmus sal dié model hopelik daartoe bydra dat die spelerspoel en talent beter oor die land versprei word pleks daarvan dat een of twee franchises met die voorste spelers in die land sit.

“Dit maak net nie sin dat daar drie Springbok-vaskopstutte by een provinsie is, terwyl ’n ander provinsie glad nie een het nie,” sê Erasmus.

“Ons kan nie bydra tot ’n speler (van nasionale belang) se salaris as hy as nommer drie by ’n provinsie net gaan sit en nie speeltyd kry nie.”

Daar is ’n ooreenkoms tussen Saru en uitvoerende rugbyhoofde om iemand aan te wys vir ’n opvolgplan wat betref spelers by ’n unie of franchise, sê Erasmus, wat ook sy eie nasionale opvolgplan het wat hy drie keer ’n jaar met die provinsies sal deel.

“Die meeste franchises het reeds hul opvolgplan vir spelers met Saru gedeel en ons hoop om dinge in plek te hê (met die nuwe kontrakteringsmodel) teen middel 2020.”

Die res van die spelers kan as semi-professionele spelers (wat net in die SuperSport-uitdaagreeks en Curriebekerreeks se Eerste liga speel) en in ’n derde kategorie as ontwikkelingspelers (21 jaar en jonger wat nie professionele kontrakte het nie) deur unies gekontrakteer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.