Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Só kan Leeus weer begin brul, sê breier
Die Leeus se André Warner duik oor vir ’n drie teen die Haaie in Saterdag se Reënboogbeker-wedstryd. Foto: Gallo Images

Dat sy spelers beter besluite in die groot oomblikke sal maak.

Dít is op Ivan van Rooyen, die Leeus se hoofafrigter, se wenslys ná sy span se nederlaag met 26-34 in hul Reënboogbeker-wedstryd die naweek teen die Haaie in Durban. Die Leeus het hul eerste twee wedstryde in dié reeks verloor.

Ons het ook beter gelyk op die aanval. Op die verdediging het ons fisiek na vore getree teen ’n fisieke Haaie-span.
Ivan van Rooyen

“Dit is belangrik vir ons om te verbeter in alle afdelings. Ons vermoë om rolmaalbewegings stop te sit, het baie verbeter sedert die voorbereidingsreeks. Ons het ook beter gelyk op die aanval. Op die verdediging het ons fisiek na vore getree teen ’n fisieke Haaie-span,” sê Van Rooyen.

“Ons besluitneming in kritieke oomblikke moet verbeter. Ons foute het ons duur te staan gekom. Dit kom ons duur te staan. As ons ons aantal foute kan beperk, sal dit baie beter verloop.”

Die Leeus het Saterdag wel veggees gewys deur goed terug te veg nadat hulle met 7-24 agter was.

“Die eerste 30 minute was baie frustrerend vir ons. Ons het gevoel daarna het ons fisiek en sielkundig goed teruggeveg.

Die Haaie se Aphelele Fassi sit af op ’n lopie nadat hy Wandisile Simelane (regs) goed gepypkan het. Foto: Gallo Images

“Die Haaie het dit reggekry om ons vaste fasette en vaardighede onder groot druk te plaas. Hulle het baie goed begin. Ons het ’n bietjie loodvoetig gelyk, maar toe ons eers die bal begin kry en begin speel, het dit beter gegaan.

“Die teleurstellende ding is dat ons goed genoeg is om te wen, en dat ons genoeg geleenthede gehad het om dié wedstryd te wen en dit is waarom dit so seermaak. In die tweede helfte was ons uitvoering baie beter en die ouens het honger gelyk.”

Van Rooyen sê die span het sy uitdagings, maar dat hulle geen verskonings vir nederlae wil maak nie.

“Ek sê altyd as jy nie wil wen nie, sal jy nie hierdie doen nie. Ons wil wen. Maar ons het vanaand teen ’n klomp Springbokke gespeel en ons het ’n paar ouens wat nog nie eens drie senior wedstryde gespeel het nie. Dit is vir hulle waardevolle ervaring.

Hulle sal terugkom en ’n verskil maak. Maar dit is belangrik dat die jong ouens ervaring opdoen en verbeter.
Ivan van Rooyen

“Ons het omtrent sewe senior spelers wat die afgelope ruk beserings opgedoen het en nie vanaand kon speel nie. Hulle sal terugkom en ’n verskil maak. Maar dit is belangrik dat die jong ouens ervaring opdoen en verbeter.

“Ons wil ons strukture aanhou ontwikkel – ons skopwerk, ons aanval, ons verdediging, ons vaste fasette. Ons wil aanhou groei.”

Meer oor:  Ivan Van Rooyen  |  Johannesburg  |  Durban  |  Leeus  |  Afrigter  |  Reenboogbeker-Reeks  |  Haaie  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.