Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Só leer Streeptruie hul keer ken

Jake White, die voormalige Springbok-afrigter, het destyds “fetchers” beskryf as sy twee seuns wat vir hom biere uit die yskas gaan haal.

By die Westelike Provinsie is daar nie ’n weersin in baljagters nie, maar ook nie ’n obsessie dat dit losvoorspelers se roeping is om omkeerbesit by die afbreekpunte te wen nie.

Norman Laker. Foto: Gallo Images

Inteendeel, die Streeptruie se verdedigingsafrigter, Norman Laker, het ’n ander benadering in gedagte met die sisteem wat hy nou in die Curriebeker-reeks vestig en na aanstaande jaar se Superreeks wil oordra.

“Dís waar rugby aan die verander is. Jy wil nie noodwendig jou omkeerbesit kry van ’n nr.6-flank of baljagter by die afbreekpunte nie, want die tendens is deesdae vir spanne om vinnig terug te val in hul verdedigingspatroon,” sê Laker.

“Jy soek amper die bal wat die skrumskakel na die losskakel toe aangee, of die losskakel se aangee na ’n voorspeler. Jy wil spanne deur jou lynspoed (die opskiet van ’n verdedigingslinie) onder druk plaas en hulle die bal laat aanslaan. Dán het jy ordentlike omkeerbesit en kan spanne nie só goed verdedig nie.”

Laker beskou verdediging by die afbreekpunte wel as ’n hoeksteen van sy benadering.

“As jy iemand het wat die bal by die afbreekpunte vertraag, is dit makliker om lynspoed te kry en jou teenstander se vaardighede onder druk te plaas,” sê hy.

Volgens Laker het al die beserings wat die Stormers opgedoen het dit moeilik gemaak om sy planne vroeër vanjaar in werking te stel.

Ek dink nie wat met die Haaie gebeur het is waarvoor hulle staan nie. Hulle gaan terug baklei.

“Ons het die lynspoed in die Superreeks ’n bietjie begin implementeer, maar die beserings en omstandighede het dit bemoeilik. Die Curriebeker bied nou ’n goeie geleentheid om dit te implementeer en vorentoe te neem,” sê Laker.

Die WP het die afgelope naweek ook sy staal buite sy verdedigingstelsel gewys met Justin Phillips en SP Marais wat uitstekende desperate duikslae op die Blou Bulle se blitse uitgevoer het.

“Jy kan nie iets soos Justin se dekverdediging op Cornal Hendricks afrig nie. Dit gaan oor hoeveel die speler vir die een langs hom voel. Justin en SP was albei puik,” sê Laker.

Hy meen die Haaie, wat Saterdag op Kingspark in Durban vir die WP gasheer speel, gaan aansienlik sterker wees as in hul verpletterende nederlaag teen Griekwas die afgelope naweek.

“Ek dink nie wat met die Haaie gebeur het is waarvoor hulle staan nie. Hulle gaan terug baklei. Dis nog vroeg in die toernooi. Ons fokus is vernaam by onsself, want ons beskou onsself nog nie as ’n volmaakte span nie,” sê Laker.

Meer oor:  Haaie  |  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.