Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Só lyk die Leeus se nuwe maanhare
Marvin Orie steek die Jukskeirivier oor om sy loopbaan by die Leeus voort te sit. Foto: Gallo Images
Die WP-stut Sti Sithole verruil die Moederstad vir die Goudstad.Foto: Gallo Images
Die Leeus-losskakel Marnus Boshoff het hom by Connacht in Ierland aangesluit. Foto: Gallo Images

Marvin Orie, die slot van die Blou Bulle, is die meer prominente naam wat in die Leeus se inkopie-mandjie beland het vir aanstaande seisoen.

Orie was een van die Bulle se staatmakers in die Curriebeker-reeks en hy steek nou die Jukskeirivier oor om sy rugby voortaan in die Goudstad te speel.

Van die ander aanswinste wat die Leeus Maandag aangekondig het, is ’n stut van die Westelike Provinsie, Sti Sithole, asook die 22-jarige Johannes Jonker, ook ’n voorryman van die Grens, wat in Oos-Londen grootgeword het.

Dan is daar ook twee vleuels wat die Leeus uit hul plaaslike klubliga gekontrakteer het. Dit is Aphiwe Diyantyi van die Universiteit van Johannesburg, asook Raiders se Dean Gorden.

Aan die negatiewe kant is daar ’n paar Leeus wat besluit het om groener weivelde te gaan soek.

Terwyl Orie sy opwagting in die Leeukuil gaan maak, verlaat twee slotte, MB Lusaseni en Martin Muller, Leeuland.

Dan gaan die Springbok-losskakel Marnitz Boshoff na Connacht in Ierland, terwyl die flank Stef de Wit en die haker Ramone Samuels albei Streeptruie word.

Die agtsteman Ruaan Lerm gaan vir die Kings Superrugby speel, terwyl hy in die Curriebeker-reeks vir die Pumas sal uitdraf.

Die heelagter JW Bell verlaat die Leeus ook ná net een seisoen.

Dan is daar ’n aantal van die Westelike Provinsie se junior spelers wat hulle by die Leeus aansluit. Hulle is die haker Ruan Brits, die flank Nyasha Tarasengu, die senter Cyprian Nkomo en die slot Jaco Willemse.

’n Stut van die Luiperds, Bheki Shongwe, word ook ’n Leeu.

Die Leeus se voorbereiding vir die nuwe seisoen sal op 14 November begin.

Meer oor:  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.