Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Só moet ons wind uit Ulster-seile haal'

Benhard Janse van Rensburg, binnesenter van die Cheetahs, voel sleg oor die geelkaart wat hy teen Leinster gekry het en is oorgehaal om Saterdag daarvoor te vergoed.

Benhard Janse van Rensburg gly op die grond en haal Fergus McFadden van Leinster se bene onder hom uit in Saterdag se reënerige wedstryd in Dublin. Foto: Gallo Images

Hy hoop ook dat sy span Saterdag teen Ulster in Belfast op ’n droë veld sal speel aangesien die sopnat veld in Dublin tot sy geelkaart bygedra het.

Hy en Leinster se regtervleuel, Fergus McFadden, het albei om die bal meegeding toe hy onder McFadden ingegly het.

“Ja, ek het die span in die steek gelaat want dis nie lekker om met 14 spelers teen ’n sterk span te speel nie. Ek hoop die veld is droog die naweek, maar ’n mens is nooit werklik seker oor die toestande hier of wat die weer gaan maak nie,” sê Janse van Rensburg.

Ofskoon die Cheetahs Ulster in hulle laaste ontmoeting – in Bloemfontein – met 63-24 verniel het, glo Janse van Rensburg Saterdag se stryd gaan ’n heel ander een wees. Selfs al wen die Cheetahs (31 punte) dié stryd, sal hulle steeds die derde plek naas Ulster (37) in Afdeling A beklee.

Ulster het nege spelers aan Ierland se Sesnasies-groep afgestaan en hulle het boonop verlede naweek teen die Ospreys verloor.

Janse van Rensburg sê dit was sleg om die toer met ’n nederlaag te begin, maar daardie wedstryd is vergete en hulle fokus sedertdien op Ulster en wat gedoen moet word om die bordjies te verhang.

“Dit gaan belangrik wees dat ons uit die staanspoor voorlangs oorheers om op die voorvoet te kom. Dis al manier hoe ons hulle onder druk sal kan plaas. Ons moet sorg dat hulle nie hul wedstrydplan op ons afdwing nie,” sê Janse van Rensburg.

Ná twee agtereenvolgende seges in Suid-Afrika (oor die Southern Kings) en die nederlaag teen Leinster verlede naweek, glo Janse van Rensburg nie dat die Cheetahs se ritme nou versteur is nie.

“Glad nie, die nederlaag kan toegeskryf word aan die weersomstandighede en al oplossing is dat ons daaraan gewoond raak – ons is goed genoeg om hier te kan wen.

“Dit is net so moeilik vir die oorsese spanne om in Bloemfontein te wen, waar dit 35 °C is en ons weer na hartelus met die bal kan hardloop.

“Ons sal moet opstaan die naweek en ons beste gee teen Ulster, so eenvoudig soos dit.”


Meer oor:  Benhard Janse Van Rensburg  |  Ulster  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.