Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Solomons betrek Skotse Van der Merwe

Die Worcester Warriors het die Skotse toetsspeler Duhan van der Merwe by Edinburgh weggelok as hul eerste groot aanwins vir die 2021-’22-seisoen.

Duhan van der Merwe op volle vaart vir Skotland. Foto: Getty Images

Dié Suid-Afrikaanse gebore vleuel het in sy buiging vir sy aangenome land op Murrayfield in Oktober ’n drie teen Georgië aangeteken. Hy het daarna in November teen Italië en in Desember teen Ierland agter die doellyn gaan kuier.

Van der Merwe (25), wat destyds ook vir Montpellier in Frankryk uitgedraf het, het vir die Skotse nasionale span gekwalifiseer danksy Wêreldrugby se vorige verblyfreël van drie jaar.

Rugby365 berig die Warriors se Suid-Afrikaanse direkteur van rugby, Alan Solomons, glo Van der Merwe sal toeskouers na die Sixways-stadion lok.

“Dit is briljante nuus vir die klub dat Duhan besluit het om hom saam met ons hier by Sixways aan te sluit,” sê Solomons.

“Duhan is ’n speler met ’n X-faktor, wat hom nou op internasionale vlak gevestig het. Hy is ’n buitengewone talent en ek glo hy sal ’n groot impak op die span hê.

“Hy beskik oor krag en spoed en rond af soos ’n speler van wêreldgehalte. Hy is ’n speler wat toeskouers lok en hulle kan beslis daarna uitsien om trakteer te word.

“Hy is ’n eersteklas-mens en ’n spanspeler en sal mooi inpas by Sixways. Ons sien almal uit na sy koms.”

Van der Merwe, die jonger broer van die Sale Sharks-haker Akker, het skolerugby vir die Hoërskool Outeniqua in George gespeel voordat hy hom by die Blou Bulle se akademie aangesluit het.

Hy het in 2012 en 2013 vir die Suid-Afrikaanse Skolespan uitgedraf en in 2014 vir die Junior Bokke in die o.20-Wêreldtoernooi gespeel.

Hy het tussen 2016 en 2017 in enkele wedstryde vir Montpellier gespeel voordat hy hom in Mei 2017 by Edinburgh aangesluit het waar hy 31 drieë in 64 wedstryde gedruk het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Duhan Van Der Merwe  |  Pro14  |  Alan Solomons  |  Pro16  |  Edinburgh  |  Worcester Warriors  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.