Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Somerrugby: ‘Hidrasie is allerbelangrik’
Behoorlike hidrasie in warm somerstoestande gaan deurslaggewend wees in vanjaar se Curriebeker-reeks. Foto: Gallo Images

Strategiese beplanning vir rugby in snikhete somerstoestande sal ’n sleutelaspek van vanjaar se Curriebeker-reeks wees.

So het Rupert Oberholster, kondisioneringsafrigter van die Leeus, gesê toe hy gevra is oor die ongewone vooruitsig om spelers voor te berei vir wedstryde in Desember en Januarie, wanneer die kwik styg en die humiditeit in plekke soos Durban en Mbombela (Nelspruit) boonop hoog sal wees.

“Hoe elke span sy oefensessies deur die week gaan beplan en bestuur ten opsigte van die hitte en hidrasie, gaan die vertonings op die veld beduidend beïnvloed,” sê Oberholster.

“Navorsing wys dat ’n afname van twee persent in liggaamsgewig weens dehidrasie kan lei tot ’n 30 persent-afname in vertonings in ’n sport.

“Waar selfs een persent die verskil is tussen wen en verloor, kan geen span bekostig om nie behoorlik te hidreer nie. Dit sluit die wedstrydbeplanning in.

“Ons sien egter uit na die nuwe uitdaging. Ons spelers het een van hul taaiste voorseisoene tot nog toe gehad en is voorbereid om in enige situasie te speel.

“Dis belangrik om weer op die speelveld te kom en ons ondersteuners te kan inspireer met die wyse waarop ons speel,” sê Oberholster.

Ons is baie tevrede met hoe dinge in ons oefeninge gaan en ons is grensverskuiwend in alle opsigte.

Hoe dinge verloop noudat kontakoefening gedoen kan word, sê hy die spesiale oefeninge wat die spelers gedoen het in die weke voordat daar weer kontak gemaak kon word, het almal goed voorberei vir die amperse “skokkultuur” om kontak te hervat.

“Sodoende is die risiko vir beserings ook verminder en ons as afrigters is baie opgewonde oor dit wat in die oefeninge gebeur. Die spelers bring groot energie na die oefenveld en daar is ’n intense honger wat op die speelveld bevredig moet word.”

Oberholster sê kontakoefeninge is eers in groepies van vyf elk hervat, maar nou word daar in spanverband kontak gemaak, “want ons moet skrumwerk, lynstane en dryfbewegings oefen.”

“Ek voorsien dit gaan gewis een van die opwindendste Curriebeker-seisoene in jare wees en ons tel behoorlik die dae af dat die seisoen moet begin,” sê hy.

Hoewel die Suid-Afrikaanse Rugbyunie nog ’n amptelike Curriebeker-program moet uitreik, word daar bespiegel dat die kompetisie vroeg in Oktober sal afskop en die eindstryd middel-Januarie sal plaasvind.

Meer oor:  Leeus  |  Rupert Oberholster  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.