Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Son sak dalk nog nie finaal vir Sunwolves

Hoewel hulle nie volgende seisoen aan die Super-reeks gaan deelneem nie, het die Sunwolves dalk steeds ’n toekoms.

Groot onsekerheid heers oor of die Sunwolves ooit weer in aksie gaan wees. Foto: Getty Images

Maandag is reeds bevestig dat die Sunwolves se laaste seisoen in Superrugby verby is nadat die span se aansoek om in ’n plaaslike toernooi in Australië te speel weens Covid-19-reis- en logistieke kwessies deur die mat geval het.

Dié Japanse span het gehoop om in ’n 12 weke lange toernooi, wat vir Julie tot September beplan is, te speel.

Internasionale reisbeperkings het dit egter te moeilik gemaak om dié span in te sluit.

Die Sunwolves het vanjaar sy laaste seisoen in Super-rugby gespeel nadat daar verlede jaar besluit is dat hy uit die kompetisie gesny sou word om dit meer vaartbelyn te maak.

Die span se hoof- uitvoerende beampte, Yuji Watase, sê egter dit is nie ’n uitgemaakte saak dat dié span sy laaste wedstryd gespeel het nie.

“Alles oor die Sunwolves se toekoms is tans onseker,” het hy gesê.

“Ons gaan ons volgende stap met die JRVU (Japanse Rugbyunie) bespreek. Die plan is om Japan se rugby sterker te maak.”

Daar was reeds praatjies dat die Sunwolves by Japan se plaaslike Topliga ingesluit kan word.

In hierdie stadium lyk dit egter onwaarskynlik en kan ander spanne, wat deur groot maatskappye in Japan besit en gerugsteun word, daarteen gekant wees.

Van dié spanne het voor verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi ook spelers aan die Sunwolves geleen en sal daardie spelers wil terughê.

Daar is ook nie ooreenstemming oor in watter liga die Sunwolves veronderstel is om by in te val nie.

Die Sunwolves het wel daarin geslaag om ’n redelike ondersteuningsbasis op te bou sedert hy in 2016 in die Super-reeks begin speel het.

Die span het egter meestal maar gesukkel en kon net nege wedstryde wen.

Watase meen egter dat die span ’n rol gespeel het om ’n groter spelerbasis vir Japan se aanslag in verlede jaar se WB-toernooi te help skep.

Japan het vier wedstryde in dié toernooi gewen voordat hy in die kwarteindronde teen Suid-Afrika, die uiteindelike wenner, vasgeval het. – Reuters

Meer oor:  Sunwolves  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.