Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sonny Bill is hoogs betaalde speler

Die voormalige Rugbyliga-ster en huidige All Black Sonny Bill Williams sluit hom binnekort by die Toronto Wolfpack-span in Kanada aan met ’n kontrak van twee jaar wat sowat $10 miljoen werd is.

Volgens Danny Weidler van Wide World of Sports sal Williams met dié kontrak die hoogs betaalde rugbyligaspeler in die wêreld wees.

Sonny Bill Williams en sy dogter, Imman, Dinsdag in Auckland, Nieu-Seeland, met die All Blacks se aankoms uit Japan. Foto: Getty Images

“Die ooreenkoms is ongelooflik. Dis waarskynlik die grootste ooreenkoms wat ek nog van gehoor het in rugbyliga en rugby,” sê Weidler.

Die Toronto Wolfpack is die nuwelinge in die Engelse Superliga nadat hy uit die tweede liga bevorder is en was gretig om Williams se dienste te bekom om sy aanslag te lei, berig stuff.co.nz.

Williams (34) het sy All Black-loopbaan Vrydag afgesluit toe sy span Wallis geklop het om die derde plek in die Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Hy het Dinsdagoggend saam met die span in Nieu-Seeland aangekom.

Brian McDermott, die Toronto Wolfpack se hoofafrigter, het in Oktober bekendgemaak dat Williams belangstelling getoon het om hom by dié span aan te sluit.

McDermott sê Toronto wou ’n speler inbring wat soos David Beckham van Manchester United vir die LA Galaxy-sokkerspan was en dat Williams dié soort speler is.

David Argyle, Wolfpack se eienaar, het vroeër vanjaar gesê daar is “10 superster-name” op ’n wenslys om hul groep te versterk vir die tree na Superliga en Williams was sy vernaamste teiken.

Williams was deel van die All Blacks se WB-wenspanne in 2011 en 2015. Die wedstryd teen Wallis was sy 57ste toets.

* Die Superliga het twaalf spanne: tien van Engeland, een van Frankryk en een van Kanada. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.