Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sonny Bill se Superrugby-swanesang?

Sonny Bill Williams sal Saterdag moontlik die laaste keer in sy loopbaan in ’n Superrugby-wedstryd speel.

Sonny Bill Williams was die laaste paar maande ’n toeskouer by Superrugby-wedstryde gewees. Foto: Getty Images

Nadat hy ’n groot deel van die seisoen weens ’n kniebesering misgeloop het, is die 33-jarige senter fiks verklaar vir die Blues se stryd teen die Hurricanes in Wellington.

Williams was laas op 30 Maart teen die Stormers in aksie en moes twee weke daarna ’n knieoperasie ondergaan.

Sy kontrak met Nieu-Seeland Rugby verstryk ná die Wêreldbeker-toernooi en hoewel die Kiwi-media bespiegel dat hy sy loopbaan oorsee gaan afsluit, wou dié All Black Donderdag niks verklap nie.

“Moet nooit ‘nooit weer’ sê nie,” was Williams se geheimsinnige antwoord toe hy Donderdag gevra is of dit sy laaste oefening as ’n Blues-speler was.

“Al waarop ek fokus, is om ons span te help om op ’n wennoot af te sluit. My lyf voel goed, so ek is slaggereed,” sê hy.

Sou Williams Saterdag ongeskonde bly, is die kans goed dat hy die All Black-groep vir die Rugbykampioenskap sal haal.

Williams was in 2011 en 2015 in die All Black-spanne wat die Wêreldbeker-toernooi agtereenvolgens gewen het. Steve Hansen, die All Black-afrigter, het reeds gesê dat Williams vanjaar weer deel van sy WB-planne in Japan is.

* Die Blues kan nie meer kwalifiseer vir die uitkloprondes nie.

– Reuters

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Blues  |  Sonny Bill Williams  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.