Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sonny Bill toe nie gereed vir Bokke

Sonny Bill Williams se langverwagte terugkeer tot toetsrugby is Donderdag ’n knou toegedien toe hy hom weens siekte aan Saterdag se kragmeting met die Bokke moes onttrek.

Sonny Bill Williams gaan nie Saterdag teen die Bokke in aksie wees nie. Foto: Getty Images

Die All Blacks het Williams op die plaasvervangersbank vir die Rugbykampioenskapstoets in Wellington ingesluit.

Rugby365.com berig ’n woordvoerder van die span sê die 33-jarige senter het die hele week olik gevoel en word deur Jack Goodhue vervang.

Williams het die eerste twee toetse teen Frankryk in Junie misgeloop nadat hy ’n knieoperasie ondergaan het. Hy het net 58 minute van die derde toets gespeel voordat hy sy skouer beseer het en is sedertdien buite aksie.

Bok-span vir Saterdag

* Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, het grootskaalse veranderinge aangebring vir die toets teen die Bokke.

Daar is tien nuwe gesigte in sy beginspan en vyf skuiwe op die bank.

Ryan Crotty, Sam Cane en Rieko Ioane is almal ingesluit nadat hulle verlede week se toets teen Argentinië weens beserings misgeloop het.

“Ons almal weet ons sal op ons beste moet wees, Suid-Afrika is desperaat vir ’n sege,” sê Hansen.

Crotty begin in die nr. 12-trui as Anton Lienert-Brown se sentermaat, met Aaron Smith en Beauden Barrett wat as die skakelpaar herenig word.

Ioane keer terug op linkervleuel en Ben Smith skuif na regtervleuel om plek te maak vir Jordie Barrett op heelagter.

Voorlangs dra Sam Whitelock die nr. 4-trui in die plek van die beseerde Brodie Retallick en Patrick Tuipulotu kry plek op die bank vir sy eerste toets in 2018.

Liam Squire en Cane is terug as flanke en die Highlanders-haker Liam Coltman is bo Nathan Harris op die bank verkies.

“Jy hoef net te kyk na ons vorige kragmeting in Kaapstad om te besef teen watter dierasie ons Saterdag te staan kom,” sê Hansen.

Die Kiwi’s het verlede jaar in die Moederstad naelskraaps met 25-24 geseëvier nadat hulle vroeër in die reeks hul tuistoets teen die Bokke met 57-0 beklink het.

All Blacks: 15. Jordie Barrett, 14. Ben Smith, 13. Anton Lienert-Brown, 12. Ryan Crotty, 11. Rieko Ioane, 10. Beauden Barrett, 9. Aaron Smith, 8. Kieran Read (k), 7. Sam Cane, 6. Liam Squire, 5. Scott Barrett, 4. Samuel Whitelock, 3. Owen Franks, 2. Codie Taylor, 1. Karl Tu’inukuafe. PLAASVERVANGERS: 16. Liam Coltman, 17. Tim Perry, 18. Ofa Tu’ungafasi, 19. Patrick Tuipulotu, 20. Ardie Savea, 21. TJ Perenara, 22. Jack Goodhue, 23. Damian McKenzie.

– Sportredaksie

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.