Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sonny Bill wie? vra mense in Kanada

Die rugbywêreld was in rep en roer die week oor die nuus dat die All Black Sonny Bill Williams ’n reuse-kontrak met ’n onbekende Kanadese rugbyligaspan, die Toronto Wolfpack, gesluit het.

Sportliefhebbers in Kanada het terselfdertyd gevra: Sonny wie? Die meeste mense in Toronto het min tot geen belangstelling in rugby of rugbyliga nie.

Sonny Bill Williams nadat hy verlede week sy laaste toets vir die All Blacks gespeel het by die WB-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

En hulle het, op enkele uitsonderings na, nog nooit gehoor van ’n Nieu-Seelander genaamd Sonny Bill Williams nie.

Dít terwyl dié ervare All Black, ’n tweemalige Wêreldbeker (WB)-wenner en ’n man wat Nieu-Seeland in 2016 by die Olimpiese Spele in Rio verteenwoordig het, een van die gesogste rugbyspelers op die planeet is.

Die feit dat Williams ’n kontrak van twee jaar – glo ter waarde van $10 miljoen (sowat R112 miljoen) – met die Wolfpack gesluit het, laat die Kanadese grotendeels koud.

Vir hulle kan dié 34-jarige Kiwi net sowel ’n lid van ’n rockgroep wees wat ’n voorvertoning vir Fleetwood Mac, wat verlede naweek in Toronto opgetree het.

Die Toronto-rugbyverhoog is ’n klein een, met Williams se nuwe tuiste wat niks meer as ’n stadion met 9 000 sitplekke en kunsgras in ’n verouderde woonbuurt bied nie.

Die Wolfpack, rugbyliga se enigste trans-Atlantiese span, sal op 2 Februarie 2020 sy Superliga-debuut in Engeland maak.

In ’n stad met 3,5 miljoen inwoners moet die Wolfpack, wat in 2016 gestig is, met sportspanne soos die

Toronto Maple Leafs (NHL-yshokkie), Raptors (NBA-basketbal), Toronto Blue Jays (MLB-bofbal) en die Toronto- en Argonauts-sokkerklubs meeding. Die Maple Leafs is Toronto se gunstelingspan en die Raptors is die huidige NBA-kampioen.

Vir hulle kan dié 34-jarige Kiwi net sowel ’n lid van ’n rockgroep wees wat ’n voorvertoning vir Fleetwood Mac, wat verlede naweek in Toronto opgetree het.

Om in dié mark ’n groter aandeel te kry, is dus ’n aansienlike uitdaging en die Wolfpack se eienaar, die Australiese mynmagnaat David Argyle, hoop duidelik Williams sal ’n groot trekpleister wees. Hoewel Williams nie ’n bekende naam in Toronto is nie, sal die koms van rugby se rykste speler van alle tye wel die belangstelling prikkel.

In Kanada sal daar van hom verwag word om een van die Wolfpack se staatmakers te wees en die span se bemarkingswaarde te laat styg, maar ook om die rugbyliga-evangelie te verkondig.

“Ek het nog altyd geglo in die waarde van ’n superster en die belegging, ongeag hoe groot dit is, is gewoonlik die moeite werd,” sê Bob Dorfman, sportbemarkingskenner van Baker Street Advertising.

“Veral vir ’n nuwe span wat met oorgawe op die toneel wil verskyn.”

Die kontrak herinner aan die een wat die Los Angeles Galaxy, ’n Amerikaanse sokkerklub, in 2007 met David Beckham gesluit het. Beckham het, hoewel hy in daardie stadium ook verby sy beste was, ’n enorme kontrak losgeslaan en het tot 2012 vir dié span gespeel. – Reuters

Meer oor:  Sonny Bill Williams  |  All Blacks  |  Kanada  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.