Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Southern Kings kontrakteer Sexton

As dieselfde Sexton-rugbybloed van ouboet Johnny deur die are van Jerry vloei, het die Southern Kings ’n goeie kopie gemaak.

Jerry Sexton, hier in volle vaart vir die Jersey Reds, sluit hom binnekort by die Kings aan en kan moontlik in die volgende Pro14-seisoen teen ouboet Johnny speel. Foto: Richard Chapman

Die slot Jerry Sexton (26), jonger broer van Ierland se superster-losskakel Johnny, is op pad Port Elizabeth toe.

Ouboet Johnny speel vir Leinster, die verdedigende kampioen in die Pro14-reeks en is ook Wêreldrugby se Speler van die Jaar.

Die Kings het Woensdag bevestig dat hy ’n kontrak tot Junie 2022 met die jonger Sexton gesluit het en dat hy reeds op 1 Julie by hulle inval.

Die jonger Sexton, wat 1,95 m lank is en die skaal op 118 kg laat kreun, is volgens ’n verklaring wat deur die Kings uitgereik is, die eerste van heelwat spelers wat gekontrakteer gaan word om van dié sukkelende span ’n krag in die Pro14-reeks te maak.

Hy was deel van Ierland se o.20-span wat in 2013 aan die o.20-Wêreldtoernooi deelgeneem het voor hy Engeland toe is, waar hy vir die Exeter Chiefs en London Irish gespeel het. Hy het in 2017 by die Jersey Reds aangesluit.

Die Kings se hoëprestasie-bestuurder, Robbi Kempson, wat verantwoordelik is vir die werwing van spelers, sê hulle is verheug dat hulle daarin kon slaag om Sexton te kontrakteer.

“Jerry sal in die voorseisoen by ons aansluit vir die 2019-2020-Pro14-seisoen en hy sal by ons speel tot einde Junie 2022.

Jerry sal in die voorseisoen by ons aansluit vir die 2019-2020-Pro14-seisoen en hy sal by ons speel tot einde Junie 2022.
Robbi Kempson

“Dit is deel van ons plan om spelers van gehalte na ons te lok ten einde om ons doelwit te bereik om ’n span van wêreldgehalte te word. Dít sluit spelers soos Jerry in om die proses ’n hupstoot te gee,” sê Kempson.

Sexton is tans die kaptein van die Jersey Reds, wat in die liga onder die Engelse Premierliga speel.

“Ons gaan dit geniet om Jerry in die Pro14 in aksie te sien en daar is selfs die moontlikheid van ’n ‘Sexton teen Sexton’.

“Ek vertrou hy sal sy tyd in Suid-Afrika geniet en ons hoop ons sal Jerry in die toekoms weer in Jersey te sien,” het Jersey se direkteur van rugby, Harvely Biljon, ’n boorling van Uitenhage, gesê.

“Hierdie is ’n opwindende tyd in my loopbaan. Ek volg die Kings al ’n geruime tyd, veral in die Pro14-reeks, en sien uit daarna om deel te wees van die span, kultuur en die opwindende nuwe era wat vir die franchise voorlê,” sê Sexton in ’n verklaring.

Sexton se kontraktering volg kort op dié van die Oos-Kaapse veelsydige agterspeler Courtney Winnaar (22), wat twee weke gelede by die Kings aangesluit het.

Meer oor:  Pro14  |  Robbie Kempson  |  Kings  |  Jonathan Sexton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.