Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Span van Georgië straks in Curriebeker

Die Curriebeker-reeks sal van 2020 af nog ’n buitelandse geurtjie hê, met ’n span van Georgië wat na verwagting daaraan gaan deelneem.

Volgens ’n verklaring op die webtuiste van die rugbyunie in Georgië (GRU) is ’n ooreenkoms, wat vir 11 jaar sal geld, met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gesluit.

Spelers van Georgië verlaat die veld ná hul groepwedstryd teen Wallis by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

Een van die bepalings behels deelname aan die Curriebeker, wat waarskynlik die Eerste Liga sal wees. Vanjaar se Eerste Liga is juis gewen deur die Jaguares XV-tal van Argentinië.

Daar word ook melding gemaak van samewerking tussen die twee lande se ouderdomsgroepe vanaf o.15-vlak. Dit sal die huidige samewerking tussen die twee lande verder uitbrei.

Die Suid-Afrikaanse o.19-span het byvoorbeeld verlede maand ’n kort toer na Georgië onderneem ter voorbereiding vir die Junior Bokke se deelname aan 2020 se Wêreldtoernooi vir o.20-spanne.

Skaars ’n maand gelede is ook aangekondig dat die Springbokke in 2020 die eerste keer sedert 2003 teen Georgië te staan sal kom.

Georgië is tans 14de op die wêreldranglys, maar kan met die nodige blootstelling straks baie verbeter. – Sportredaksie

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Springbokke  |  Georgië  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.