Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Spandokter gestraf oor bakleiery
Daar is selfs op die atletiekbaan om die rugbyveld baklei voordat die situasie ontlont is. Foto: Getty Images

Munster se spandokter, Jamie Kearns, is ’n opgeskorte skorsing van drie weke en ’n boete van €2 000 (sowat R31 300) opgelê vir sy aandeel in ’n massa-bakleiery tydens Saracens se Europese Kampioenebeker-sege oor Munster in Desember.

Rugby365 berig Europese Professionele Klubrugby (EPCR), die beheerliggaam van die reeks, het bevestig ’n onafhanklike paneel het bevind Kearns het die Saracens-haker Jamie George “beledig”.

Saracens se hulpafrigter Alex Sanderson het destyds beweer die bakleiery, waarby sowat 30 spelers betrokke was, het gekom nadat Kearns vir George oor sy gewig gespot het.

Die bakleiery het oorgeloop na die atletiekbaan om die rugbyveld voordat die situasie ontlont is.

Munster word deur die voormalige Springbokhulpafrigter Johann van Graan gebrei.

Kearns se skorsing is vir 12 maande opgeskort en die paneel het dit in ag geneem dat hy “onmiddellik berou getoon het” vir sy uitlating.

Saracens, die verdedigende kampioen, het die kragmeting op Allianz Park met 15-6 gewen.

– Sportredaksie

Meer oor:  Klubrugby  |  Munster  |  Europese Kampioenebeker  |  Saracens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.