Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Specman los Blitse om vir Bulle te speel

Eers was dit Kwagga Smith. Toe Ruhan Nel. Nou gaan Rosko Specman ook sewesrugby heeltyds vir die vyftienmankode verruil.

Rosko Specman. Foto: Getty Images

Specman het die week ’n kontrak van twee jaar by die Bulle losgeslaan. Hy sal van Januarie af op Loftus Vers­feld in Pretoria begin sweet.

Vyftienmanrugby is geen onbekende nie vir dié 29-jarige boorling van Grahamstad wat in meer as 130 wedstryde vir die Blitsbokke gespeel het. Hy het verlede jaar nog in die Curriebeker- en Pro14-reeks vir die Cheetahs gespeel. Voor dit was hy by die Haaie en Pumas betrokke.

Die sukses wat Smith en Nel vanjaar in vyftienmanrugby behaal het, het Specman se besluit makliker gemaak.

Nel se insluiting in die Springbok-groep die afgelope week gee Specman hoop dat hy met harde werk ook moontlik bo kan uitkom. Smith het vroeër vanjaar sy kans gekry toe hy in die toets teen Wallis in Washington gespeel het.

Voordat Specman egter enigsins aan toetsrugby kan dink, moet hy eers vir hom ’n plek in die Bulle se 23-tal oopspeel.

Met ’n agterste driehoek van Warrick Gelant, Jamba Ulengo en Travis Ismaiel, sal dit knor om sommer in die Bulle se beginspan in te stap. In spelers soos Divan Rossouw, Jade Stighling, Duncan Matthews en die Blitsbok Dylan Sage het die Bulle skaflike diepte op vleuel en heelagter.

Meer oor:  Rosko Specman  |  Rugby  |  Sewesrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.