Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Specman nie bitter oor Bulle-afjak

Hy het reeds ’n Olimpiese bronsmedalje in sy vertoonkas, nou maak hy jag op ’n Curriebeker, sê Rosko Specman.

Dié 31-jarige vleuel, wat hom vir ’n tweede keer in sy loopbaan by die Vrystaat aangesluit het nadat die deur by die Bulle vir hom toegeslaan het, meen die tyd het aangebreek om deel van ’n Curriebeker-wenspan te wees.

Rosko Specman wil vanjaar die Curriebeker in die kleure van die Vrystaat-Cheetahs verower. Foto: Gallo Images

“Een ding van die Vrystaat, hy is baie goed in die Curriebeker-reeks. Almal weet hy is die verdedigende kampioen. Gaan kyk ook na die Vrystaat se geskiedenis in die Curriebeker, dit is opwindend en dit was een van die dinge wat my besluit om Vrystaat toe te kom vergemaklik het.

Daar was juis sprake dat dié Blitsbok op pad Kaap toe na die Westelike Provinsie was voordat hy hom by die Vrystaat aangesluit het.

Specman was in 2017 ook by die Vrystaat en het toe ’n proesel van Vrystaat-rugby gekry.

“Dis reg, daar was sprake dat ek WP toe sou gaan, maar ek het vir my agent gesê ek wil liewer Vrystaat toe kom, want dis die plek waar ek voel ek gaan my rugby verbeter en geniet. So dis hoekom ek besluit het om hierheen te kom.”

Hy koester geen wrok omdat hy nie deel van Jake White se planne by die Bulle was nie. Hy is een van vele spelers wat die Jakaranda-stad verlaat het sedert White as dié unie se nuwe direkteur van rugby en hoofafrigter aangestel is.

“Dit gebeur met alle rugbyspelers. As jy nie deel is van ’n afrigter se planne nie, moet jy maar aanskuif.

Dis jammer dat Jake nie kans gesien het vir my nie, maar baie spelers het (by Loftus) gewaai.
Rosko Specman

“Nou sien ek daarna uit om onder Hawies (Fourie, afrigter van die Cheetahs) te kom leer. Dis jammer dat Jake nie kans gesien het vir my nie, maar baie spelers het (by Loftus) gewaai.

“Hy (White) het sy eie planne, so ek wens hom voorspoed toe daarmee,” sê Specman.

Hy meen sy koms na die Vrystaat is weer eens ’n geleentheid vir hom om sy stempel af te druk op vleuel, maar hy is bewus daarvan dat dit nie maklik gaan wees met ’n rits goeie spelers by die Vrystaat nie.

“Die beste speler gaan speel. Die mededinging vir plekke in die span gaan kwaai wees, maar dis hoekom ons speel, daar móét mededinging wees, maak nie saak in watter posisie jy speel nie,” sê Specman.

Meer oor:  Jake White  |  Cheetahs  |  Rosko Specman  |  Bulle  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.