Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Speler borsvoed terwyl wedstryd voortwoed

’n Britse ma en rugbyligaspeler word geloof nadat sy ’n foto op sosiale media gedeel het waar sy in die middel van ’n wedstryd haar babadogtertjie langs die kantlyn borsvoed.

Dié foto van Emily Brierley wat haar babadogtertjie langs die rugbyveld borsvoed, maak opslae. Foto: Stanningley-rugbyklub / Twitter

BBC berig Emily Brierley (29) van Bradford in Engeland sê die reaksie op die foto waar sy haar baba gedurende ’n kragmeting borsvoed, is “ongelooflik”.

Brierley het sowat 14 weke gelede die lewe geskenk aan Arabella en verlede Sondag vir die eerste keer ná haar dogtertjie se geboorte na die speelveld teruggekeer.

Brierley het die veld gedurende die wedstryd verlaat om haar verpligtinge as ma na te kom voordat sy later verder gespeel het.

Haar klub, Stanningley, tel onder diegene wat die foto op sosiale media gedeel het.

“Briljante foto van die naweek,” sê Stanningley op Twitter.

“Een van ons dames vind ’n balans tussen rugby speel en moederskap. Welgedaan, Emily, wonderlik om jou weer in aksie te sien.”

Volgens Brierley het die foto “baie mense meer oopkop gemaak” oor borsvoed in die openbaar.

Brierley, ook ma van die negejarige Scarlett, het mense se reaksie as “ongelooflik” en “werklik hartroerend” beskryf.

“Baie mense met jong dogtertjies sê dit is bemoedigend om te sien dat ’n vrou rugby speel en steeds in staat is om te borsvoed en te doen wat sy liefhet,” sê sy.

Brierley sê in ’n onderhoud met die Yorkshire Evening Post sy is in die wolke oor kommentare deur lede van die publiek.

“Ek hoop werklik dit sal help om borsvoed in die openbaar te normaliseer, maar ook borsvoed terwyl ek die sport beoefen wat ek liefhet,” sê sy.

Sommige van die kommentare op sosiale media wat die Yorkshire Evening Post gedeel het sluit in: “Vroue is eenvoudig ongelooflik!” en “Welgedaan, vroue is merkwaardig!” – Sportredaksie

Meer oor:  Rugbyliga  |  Borsvoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.