Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Spelers kom weg met gevaarlike spel'

Skeidsregters straf nie genoeg spelers wat hul skuldig maak aan onwettige en gevaarlike skoonmake (clean outs) nie.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - MAY 18: Eben Etzebeth of
Eben Etzebeth van die Stormers en die Crusaders se Matt Todd pak mekaar in 'n losskrum. Foto: Getty Images

Dit is die bevinding van ’n studie wat onlangs by die Universiteit Stellenbosch voltooi is. Die studie het die 2018 Superrugbyreeks bestudeer en bevind dat 2 111 skoonmake van losskrums uit 22 281 gevaarlik was. Dit is daarom gelykstaande aan 18 per wedstryd.

“Ons navorsing het getoon dat skeidsregters nie soveel van hierdie voorvalle gestraf het as wat hulle moes nie,” sê dr. Wilbur Kraak van die Departement Sportwetenskap aan die US.

Kraak sê dit is volgens hul kennis die eerste keer dat gevalle van die gevaarlike onwettige skoonmake van losskrums wat nie deur skeidsregters op die veld gedurende ’n wedstryd gestraf is nie, ondersoek is. Die losskrum is ’n fase van die spel waar een of meer spelers van elke span, wat op hulle voete en in fisieke kontak is, meeding om die bal wat op die grond is.

Onwettige skoonmake

Die navorsers het bevind dat daar 22 281 skoonmake van losskrums tydens die 2018 Superrugbyreeks was, teen ’n gemiddeld van 186 per wedstryd.

“Ons navorsing het bevind dat 2 111 (9%) van hierdie skoonmake volgens die 2018 Wêreldrugby (WR) se reëls onwettig was. Dit is teen ’n gemiddeld van 18 per wedstryd.

“Skeidsregters het 1 953 (93%) van hierdie onwettige skoonmake van losskrums ongestraf gelaat, wat ’n gemiddeld van 16 per wedstryd is.”

Verder sê Kraak was 1 087 (57%) van hierdie onwettige skoonmake wat nie deur skeidsregters gestraf is nie, gevaarlik. Dit is gemiddeld tien per wedstryd.

Kraak het die navorsing in samewerking met kollegas van dieselfde departement asook van die Departement Gesondheid aan die Universiteit van Bath in Engeland gedoen. Hul bevindinge is onlangs in die vaktydskrif Frontiers in Psychology gepubliseer.

Skeidsregters het nie die aanvallende span vir 95% (1 037 uit 1 087) van die gevaarlike onwettige skoonmake van die losskrum gestraf nie, en die meeste van die gevaarlike onwettige skoonmake wat ongestraf gebly het, was vir ‘skouerlope’, ‘nekrolle’ en ‘kontak bo die skouer’.”

Kraak sê hul bevindinge behoort uit ’n foutkoers-oogpunt ’n bekommernis vir skeidsregter-belanghebbers te wees.

“Die feit dat 1 087 van die ongestrafte skoonmake as gevaarlik beskou kan word, behoort nog ’n groter bron van kommer vir rugbyveiligheid- en rugbyskeidsregter-belanghebbers te wees, aangesien dit ’n moontlikheid van besering vir spelers wat by die losskrum betrokke is, inhou.

“As ’n mens in ag neem dat sowat 10% van alle beserings in ’n wedstryd met die losskrum verbind word, is dit beslis iets wat getakel behoort te word.”

Kraak sê skeidsregters kan die risiko van spelers wat beseer word, verminder deur op ‘skouerlope’, ‘nekrolle’ en ‘kontak bo die skouer’ te fokus as ’n mens in ag neem hoeveel van hierdie oortredings as gevaarlik beskou word.

“As daar op wettige en onwettige (gevaarlike en veilige) skoonmake van losskrums en strafskoppe deur skeidsregters gefokus word, kan dit help om vas te stel of skeidsregters regtig die wette toepas soos uiteengesit in die WR-reëls van die spel.”

Kraak het die navorsing in samewerking met kollegas van dieselfde departement asook van die Departement Gesondheid aan die Universiteit van Bath in Engeland gedoen. Hul bevindinge is onlangs in die vaktydskrif Frontiers in Psychology gepubliseer.

Kraak en sy medenavorsers het met behulp van die videoredigeerprogram Nacsport Basic Plus video-opnames van 120 rondomtaliewedstryde tydens die 2018 Superrugbyreeks gekodeer en ontleed om die koers waarteen die onwettige en gevaarlike skoonmaak van losskrums deur skeidsregters gestraf is, te bepaal. Hulle het ook die hulp van ’n internasionale skeidsregter en ’n rugbybeseringspesialis ingeroep. Die Westelike Provinsie Rugbyunie se video-analise-afdeling het die video-opnames verskaf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.