Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Spelers moet in Bfn steeds Bok kan word’

Dit is vir Hawies Fourie belangrik dat spelers weet hulle kan steeds by die Cheetahs ’n Springbok word en dat hulle nie dink dit sal voortaan net by ander franchises gebeur nie.

So het die Cheetahs se afrigter gesê in die lig van ’n paar spelers wat reeds ’n ander heenkome gaan soek vanweë die onsekerheid oor die toekoms van die Vrystaatse franchise, wat uit die Pro14-reeks geskop is.

George Cronjé, hier vir die Suid-Afrikaanse Skolespan in aksie verlede jaar, kan Saterdag, op 19-jarige ouderdom, sy Curriebeker-debuut vir die Vrystaat-Cheetahs maak. Foto: Gallo Images

Fourie erken dis ’n moeilike situasie waarin hulle verkeer. Die sielkundige Ruan Botha, wat die Springbokke ook bygestaan het, is betrek om spelers in hierdie tyd te help, terwyl daar nog gesprekke was wat die spelers ook meer gemoedsrus gegee het.

“Ons is besig met onderhandelinge oor ander kompetisies en Rassie (Erasmus)-hulle praat ook oor die gehalte daarvan, want ek wil graag hê die spelers moet hier kan bly en hier kan Springbok word. Dit moenie nodig wees om weg na een van die ander vier franchises toe te gaan nie,” sê Fourie.

“Die onsekerheid speel beslis ’n rol in die spelers se gemoed. Dit is een van die moeilikste goed in die lewe om mee saam te leef, maar ek glo binne die volgende twee weke sal ons sekerheid hê en presies weet waarnatoe ons gaan.

Die Cheetahs se groep het vandeesweek twee sessies met Botha gehad sodat die spelers ook oor sake kan praat.

“Ons leiersgroep in die span het ook weer vergaderings gehad met ons topbestuur en direksie.

“Ek het Woensdag met Rassie Erasmus (nasionale direkteur van rugby) en Jacques Nienaber (Springbok-afrigter) gepraat en ons het vandag weer vergaderings met hulle, so ons is besig om ons toekoms uit te sorteer.

“Ek het vanoggend voor die oefening vir die spelers die goed wat ek weet feite is, gesê. Ek dink dit bring ’n bietjie gemoedsrus in die span om te weet daar is mense wat belangstel om aandele in ons maatskappy te koop en die Cheetahs wil ondersteun en ons steeds wil help om vorentoe te gaan.

“Dit help om te weet ’n maatskappy soos Toyota het hom verbind om ons vir die volgende twee jaar ten volle te ondersteun.

• Die voormalige Suid-Afrikaanse Skolekaptein George Cronjé, wat verlede jaar nog op die skoolbanke van Grey-kollege gesit het, kan intussen sy Curriebeker-buiging Saterdag in Pretoria maak.

Hy is ingesluit as ’n plaasvervanger vir die Vrystaat-Cheetahs, wat in hul eerste wedstryd van die reeks teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld gaan speel.

Dié belowende jong losvoorspeler het in die voorseisoen teen Griekwas ’n proesel van “senior rugby” gehad.

Min spelers maak op 19 al hul debuut op Curriebeker-vlak, maar een van sy spanmaats sal hom waardevolle raad kan gee.

Die senter Frans Steyn het as 19-jarige sy CB-debuut vir die Haaie gemaak en later daardie jaar ’n Springbok geword.

Die Vrystaat-Cheetahs gaan met twee veranderinge in hul agttal opdraf.

Oupa Mohoje het ’n dyspier in ’n oefening beseer. Hy het teen Griekwas speelkans op flank gekry toe Aidon Davis tydens opwarming ’n kuitbesering opgedoen het.

Victor Sekekete, wat in die Unlocked-reeks slot vir Griekwas gespeel, kry kans op flank.

Die ander verandering in die beginspan is Khutha Mchunu se insluiting in die plek van Hencus van Wyk as vaskopstut. Erich de Jager is terug in die groep as plaasvervanger-stut. Hy gaan sy loopbaan later in Amerika voortsit.

• Vrystaat-Cheetahs: Clayton Blommetjies, Rhyno Smith, Howard Mnisi, Frans Steyn, Rosko Specman, Tian Schoeman, Tian Meyer, Jeandré Rudolph, Victor Sekekete, Andisa Ntsila, Carl Wegner (k), Ian Groenewald, Khutha Mchunu, Reinach Venter, Boan Venter. PLAASVERVANGERS: Jacques du Toit, Cameron Dawson, Erich de Jager, Chris Massyn, George Cronjé, Ruben de Haas, Reinhardt Fortuin, William Small-Smith.

Meer oor:  Cheetahs  |  Bulle  |  Hawies Fourie  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.