Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Spelers verstaan almal moet las dra’

Verteenwoordigers van Rugby Australië (RA) en die Rugbyspelersvereniging (Rupa) het Sondag weer ontmoet om ’n dringende tussentydse salarisooreenkoms weens die koronavirus te beding.

Raelene Castle, uitvoerende hoof van die Australiese Rugbyunie. Foto: Getty Images

RA is in die moeilikheid oor die Covid-19-pandemie en sy swak finansiële posisie. RA het onlangs kostebesparingsmaatreëls aangekondig, soos die aflegging van personeel en die besnoeiing van salarisse, wat tot groot onmin gelei het.

Verskeie prominente oudspelers, soos Nick Farr-Jones, het Raelene Castle, uitvoerende hoof van RA, se kop geëis.

RA het Sondag egter in ’n verklaring gesê sy gesprekke met die spelersvereniging was “positief en robuus” en dat albei partye ooreengekom het om met die besprekings voort te gaan.

“Rugby Australië bly daarop gefokus om ’n regverdige en billike ooreenkoms met die spelers te bereik, wat sal help om die langtermyntoekoms van die spel te verseker,” lui die verklaring.

“Ons verwelkom ook onlangse opmerkings van Wêreldrugby dat hy alle nasionale unies sal help om deur dié moeilike tydperk te navigeer. Die spelers verstaan dit is ’n las wat deur almal gedeel moet word.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.