Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Spook van Albany loop in Bok-kamp

Verlede jaar se slagting van 57-0 teen die All Blacks in Albany spook steeds by die Springbokke.

Rassie Erasmus het gesê ’n mens sal daardie pak slae nie vinnig vergeet nie.

Die All Blacks het die Bokke verlede jaar, op een van die donkerste dae in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby, gereeld na lug laat gryp onderweg na ’n wegholsege van 57-0. Foto: Getty Images

“Natuurlik onthou ons die 57-0,” het Erasmus Maandag in Wellington op ’n vraag van ’n Nieu-Seelandse rugbyskrywer geantwoord.

“Dis iets wat seermaak. Almal praat nog daaroor nadat ons nog die vorige week (voor verlede jaar se toets teen die All Blacks in Albany) gelykop (23-23) teen die Wallabies in Perth gespeel het.

“Ek was nie in Albany nie, maar dit was vernederend as Suid-Afrikaners. Die spelers praat baie daaroor.”

Die vraag oor een van die donkerste dae in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby was te wagte op die Bokke se eerste besoek terug aan Nieu-Seeland.

Erasmus het gesê daar sal ook vrae wees oor daardie nederlaag teen Eddie Jones-hulle in Brighton as die Bokke weer teen Japan speel. En vrae oor daardie 49-0 wat Jake White se Bokke in 2006, ’n jaar voor 2007 se Wêreldbeker-toernooi, in Brisbane teen die Wallabies gely het.

Meer as die helfte van 23-tal wat in Albany gespeel het, is weer saam met die Bokke in Wellington vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets hier teen die All Blacks. Die 12 wat kans kry om hul name in ere in Nieu-Seeland te herstel, is Beast Mtawarira, Steven Kitshoff, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Eben Etzebeth, Franco Mostert, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Elton Jantjies, Handré Pollard, Jesse Kriel en Damian de Allende.

Ruan Dreyer, Trevor Nyakane, Lood de Jager, Jean-Luc du Preez, Uzair Cassiem, Francois Hougaard, Rudy Paige, Jan Serfontein, Courtnall Skosan, Raymond Rhule en Andries Coetzee is nie deel van die huidige Bok-groep nie.

Dit lyk egter asof Steve Hansen, die All Black-afrigter, al vergeet het van die kragmeting in Albany en of die naelskraapse sege van 25-24 oor die Bokke in die Kaap eerder vars in sy geheue is.

Die plaaslike dagkoerant in Wellington, The Dominion Post, berig Hansen kan eerstekeuse-spelers soos Sam Cane, Liam Squire, Ryan Crotty, Sonny Bill Williams, Rieko Ioane, Jordie Barrett en Beauden Barrett teen die Bokke betrek nadat hulle nie teen Argentinië gespeel het nie.

Die All Blacks sal wel sonder Brodie Retallick en Ngani Laumape wees wat beseer is.

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Siya Kolisi  |  Wallabies  |  Bongi Mbonambi  |  Rassie Erasmus  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.