Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Springbok-sege beïnvloed beraad

Die gedenkwaardige oorwinning wat die Springbokke onlangs teen die All Blacks in Wellington behaal het, was vir die organiseerders van TuksRugby en die Blou Bulle Rugby-unie se internasionale afrigtingsberaad soos die spreekwoordelike manna uit die hemel.

Dié byeenkoms vind van 3 tot 4 Oktober op die Hillcrest-sportkampus van die Universiteit van Pretoria plaas.

Dit is enkele dae voor die kragmeting tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland op Loftus Vers­feld en een waarin al die druk ’n slag op die verdedigende wêreldkampioen sal wees.

“Die belangstelling ten opsigte van navrae oor en uiteindelike bevestiging van bywoning vir ons beraad het beduidend toegeneem sedert die Bokke se merkwaardige sege teen die topgekeurde land in wêreldrugby.

“Dit het die eentonige voorspelbaarheid van die Rugbykampioenskapsreeks op sy kop gekeer en mense met nuwe oë na die volhoubaarheid van Springbok-rugby se strategie vir welslae in die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Japan laat kyk,” meen Chris Buitendach, een van die breinkragte agter die beraad.

Die All Blacks kan die naweek met ’n bonuspunt-sege oor die Pumas in Argentinië seker maak dat hulle hul kroon as Rugbykampioenskap-wenner behou, maar sal desondanks steeds alles in die stryd werp om nie twee keer in een seisoen teen die Springbokke te verloor nie, iets wat laas in 2009 gebeur het.

Marshall is nie die enigste deelnemer met Kiwi-bande nie. Volgens Buitendach het Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, as spreker onttrek en word hy deur Nico le Roux vervang.

Boonop bevind die All Blacks hulle in dieselfde Wêreldbeker-groep as die Springbokke, wat ’n oorwinning vir albei lande van groot sielkundige belang sal maak.

Buitendach voorsien dat die insette van Rassie Erasmus, die Bokke se hoofafrigter, en lede van sy bestuurspan baie insiggewend behoort te wees. Onder meer sal die nasionale span se verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, die aap so effe uit die mou kan laat oor die Bokke se desperate maar baie suksesvolle keerwerk in bepaald die laaste tien minute van die toets in Wellington.

“Die bydrae van die gewese All Black-skrumskakel Justin Marshall sal ’n nuwe aanslag kry omdat hy nou vanuit die hoek van ’n verloorder oor die ‘Nieu-Seelandse manier’ moet praat.

“Dit sal vir seker baie interessant wees om te hoor hoe die All Blacks terugslae soos die nederlaag in Wellington in die verlede ontleed, verwerk en uiteindelik as boustene vir die verstewiging van hul gevestigde wenkultuur gebruik het,” het Buitendach gesê.

Marshall is nie die enigste deelnemer met Kiwi-bande nie. Volgens Buitendach het Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, as spreker onttrek en word hy deur Nico le Roux vervang.

Hy is tans hoofafrigter van Impala, maar was voor dit die tegniese raadgewer van die Chiefs en Nieu-Seelandse A-span.

  • Die Blou Bulle se sewesspan het ’n uitnodiging aanvaar om vroeg in Oktober aan die gewilde Safari-toernooi in Kenia deel te neem. Dit word allerweë gereken as die voorste sewestoernooi in Afrika wat nie deel vorm van die Wêreldrugby-sewesreeks nie.

  • In Margate het Tukkies die plaatkompetisie op die jaarlikse Universiteitsport Suid-Afrika (Ussa-) sewestoernooi gewen. Tuks moes met die vyfde plek tevrede wees nadat hulle in die kwarteind met 24-7 deur die UJ uitgeskakel is. Voor dit was Tuks se enigste glipsie die gedeelde louere teen die verdedigende kampioene, Maties, in die groepfase (12-12).
Meer oor:  Universiteit Van Pretoria  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.