Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Springbok-vroue val ook vas

Ook die Springbok-vrouerugbyspan het Saterdag op hul baadjie gekry nadat Spanje hulle oortuigend in Despatch geklop het.

Suid-Afrika se Aseza Hele probeer Saterdag verby ’n speler van Spanje kom. Foto: Gallo Images

Die Spanjaarde het vier drieë gedruk om met 29-12 te wen. Dit is seker te verstane dat die tuisspan se afrigter, Stanley Raubenheimer, agterna teleurgesteld was.

“Dit was moeilik. Spanje het weer gewys hoekom hulle onder die voorste 10 spanne (negende) ter wêreld is.

“Ek dink ’n gebrek aan ervaring het ons duur te staan gekom. Ons het vandag met ’n ander span gespeel as die een wat in die kwalifiserende kragmetings vir 2021 se Wêreldbeker-toernooi gespeel het,” het Raubenheimer gesê.

Weens onder meer beserings was hy genoodsaak om sewe spelers sonder toetservaring in die 23-tal vir die wedstryd in te sluit.

Suid-Afrika se volgende kragmeting is op 30 September teen Skotland in Kaapstad.

* Puntemakers:

Spanje 29 (15): Drieë: Paula Medin, Marìa Calvo (2), Iera Echeberria. Doelskoppe: Patricia Garcìa (3). Strafdoel: Garcìa.

Suid-Afrika 12 (5): Drieë: Vuyolwethu Maqholo, Babalwa Latsha. Doelskop: Tayla Kinsey. – Sportredaksie

Meer oor:  Despatch  |  Suid-Afrika  |  Springbok-Vrouespan  |  Spanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.