Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Springbokke kry afjak van tydskrif

Die haker Malcolm Marx is die enigste Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat die tydskrif Rugby World se span van die jaar gehaal het.

Malcolm Marx is die enigste Springbok wat Rugby World se wêreldspan gehaal het. Foto: Getty Images

Ondanks Nieu-Seeland se nederlaag vanjaar teen Ierland, het vyf All Blacks die span gehaal, wat deur 12 kenners wêreldwyd gekies is.

Beauden Barrett, losskakel van die All Blacks, wat in 2016 en 2017 Wêreldrugby se speler van die jaar was, is op heelagter ingesluit, met 2018 se speler van die jaar, Jonathan Sexton wat die nr. 10-trui kry.

Benewens Barrett, is die vleuels Ben Smith en Rieko Ioane, die agtsteman Kieran Read en die slot Brodie Retallick die ander Nieu-Seelanders in die span.

Die 33-jarige Sexton se skakelmaat is sy landgenoot Conor Murray wat die helfte van die seisoen weens ’n besering misgeloop het.

Nog ’n speler wat meer bekend as losskakel is, Engeland se Owen Farrell, is op senter langs die Wallieser Jonathan Davies in die middelveld gekies.

* Span: Beauden Barrett (Nieu-Seeland), Ben Smith (Nieu-Seeland), Jonathan Davies (Wallis), Owen Farrell (Engeland), Rieko Ioane (Nieu-Seeland), Jonathan Sexton (Ierland), Conor Murray (Ierland); Kieran Read (Nieu-Seeland), David Pocock (Australië), Peter O’Mahony (Ierland), Leone Nakarawa (Fidji), Brodie Retallick (Nieu-Seeland), Tadgh Furlong (Ierland), Malcolm Marx (Suid-Afrika), Mako Vunipola (Engeland). – Sportredaksie

Meer oor:  Beauden Barrett  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Malcolm Marx
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.