Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Springbokster verleng kontrak in Japan
Willie le Roux het sy verblyf in Japan verleng. Foto: Getty Images

Die ervare Springbok-heelagter Willie le Roux het sy kontrak met Verblitz, sy Japannese klubspan, verleng.

Le Roux het die nuus op sosiale media gedeel sonder om veel besonderhede te verskaf.

“Ek skop die week af met ’n nuwe ooreenkoms,” sê hy en gebruik die hutswoorde #excited en #heretostay.

Die 31-jarige Le Roux het sy internasionale buiging in Junie 2013 teen Italië gemaak en 61 toetse vir die Bokke gespeel. Hy het Wasps in Engeland verlaat en hom by Verblitz aangesluit na afloop van Suid-Afrika se suksesvolle veldtog by die Wêrelbekertoernooi in 2019.

Le Roux het sy senior loopbaan in 2010 by die Boland Kavaliers begin. Hy het 39 keer vir hulle uitgedraf en ’n Eersteliga-titel saam met die span verower.

Hy het in 2012 na die Griekwas geskuif en ook 58 Superrugbywedstryde vir die Cheetahs gespeel voordat hy hom in 2015 by die Eagles in Japan aangesluit het.

Le Roux het ’n seisoen by die Haaie deurgebring (2016) en daarna sy tasse gepak vir Engeland, waar hy van 2017 tot 2019 vir uitgedraf het. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Verblitz  |  Willie Le Roux
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.