Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wegholseges vir WP, Griekwas
Die regtervleuel Tapiwa Mafura was een van die uitblinkers vir die Vrystaat XV-tal teen die Haaie Foto: Mlungisi Louw

Verlede jaar se twee finaliste het vroeg gewaarsku, terwyl nie een van die twee buitelandse spanne die naweek ’n sege in die eerste ronde van wedstryde in die SuperSport-uitdaagreeks kon behaal nie.

Die Grens-Bulldogs het Sondag in die laaste wedstryd van die naweek daarin geslaag om Zimbabwe se Akademiespan met 41-16 in Oos-Londen te klop. Die tuisspan het rustyd met 19-16 voorgeloop. Die buurland kon nie enige punte in tweede helfte aanteken nie.

Die Westelike Provinsie het in die voorwedstryd in die Buffalostad-stadion ’n wegholsege van 62-7 oor die SWD-Arende behaal.

Die linkervleuel Edwill van der Merwe was een van die wenspan se uitblinkers.

Die kampioenspan van die Pumas het die reeks Vrydagaand met ’n sege van 29-21 oor die Bulle afgeskop.

Verlede seisoen se ander finalis, Griekwas, het ’n oortuigende oorwinning van 52-10 oor die Valke behaal.

Die flank Wendal Wehr en die senter Ederies Arendse het elk twee drieë gedruk vir die wenspan.

Griekwas het met die rustyd met 28-5 voorgeloop.

Die wenspan se losskakel Ernst Stapelberg was ’n spreekwoordelike generaal in die sege.

Die Vrystaatse XV-tal het Saterdag in Bloemfontein ’n agterstand van 0-28 ná skaars 20 minute in die eerste helfte oorkom om die Haaie XV-tal met 40-31 te klop.

Die tuisspan het in die 67ste minuut die eerste keer voorgeloop.

Die wenspan se losskakel Ernst Stapelberg was ’n spreekwoordelike generaal in die sege.

Die vleuel Jamba Ulengo het in die voorwedstryd vir die Cheetahs en Southern Kings se Pro14-stryd met goeie spel ’n punt bewys aan die Kings, wat nie bereid was om hom ’n kontrak aan te bied.

Die besoekers se Rhyno Smith het ’n skittervertoning op heelagter gelewer, wat ’n goeie skepdoel ingesluit het.

Die Goue Leeus het Namibië se vyftiental met 40-23 ore aangesit.

Die vleuel Ezrick Alexander het twee drieë gedruk in die Griffons se sege van 34-27 oor die Luiperds in Welkom.

Die tuisspan het rustyd met 14-12 voorgeloop.

Die Boland-Kavaliers het die OP-Olifante met 34-6 in Wellington verslaan, nadat hulle met 17-6 met die rustyd voorgeloop het.

Meer oor:  Supersport-Uitdaagreeks  |  Ernst Stapelberg  |  Wp  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.