Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Staatmaker CJ nie in Ierse span vir Wallis-toets

CJ Stander is weggelaat uit Ierland se span vir Vrydagaand se Nasiesbeker-wedstryd teen Wallis in Dublin se Aviva-stadion.

CJ Stander sal nie Vrydagaand in Dublin vir Ierland teen Wallis in aksie wees nie. Foto: Getty Images

Dis ietwat onduidelik of Andy Farrell, Ierland se afrigter, Stander ’n blaaskans gee voor volgende week se kragmeting met Engeland in Londen en of hy hom gepos het.

Stander, ’n boorling van George, het sedert 2016 al in 43 toetse vir die Iere gespeel en het ’n instelling in hul lostrio geword.

Farrell het sewe veranderinge aan sy span gemaak, wat op 31 Oktober teen Frankryk in Parys vasgeval het.

Die sterk senter Bundee Aki is nes Stander heeltemal uit die groep weggelaat.

Conor Murray bevind hom op sy beurt op die plaasvervangersbank, met Jamison Gibson-Park wat op skrumskakel sal begin.

James Lowe, wat voor 2017 vier keer vir Nieu-Seeland se Maori-span gespeel het, maak Vrydagaand sy debuut vir Ierland. Foto: Getty Images

Die Nieu-Seelander James Lowe, wat al sedert 2017 vir Leinster speel, maak sy debuut vir Ierland op linkervleuel.

Wayne Pivac, Wallis se afrigter, het op sy beurt hierdie week vure doodgeslaan ná gerugte van onenigheid in die kamp.

“Ek sien beslis nie so iets nie en as dit wel so is, steek die spelers dit baie goed weg,” sê Pivac.

Wallis het sy laaste vyf wedstryde almal verloor, maar Pivac glo dis net ’n kwessie van tyd voor die span weer in rat sal kom.

Die losvoorspeler Justin Tipuric, wat Wallis se vorige kragmeting met Skotland weens mangelontsteking misgeloop het, keer terug vir die kragmeting met Ierland.

Spanne

Ierland: Jacob Stockdale, Hugo Keenan, Chris Farrell, Robbie Henshaw, James Lowe, Johnny Sexton (k), Jamison Gibson-Park, Caelan Doris, Josh van der Flier, Peter O’Mahony, James Ryan, Iain Henderson, Andrew Porter, Ronan Kelleher, Cian Healy. PLAASVERVANGERS: Dave Heffernan, Ed Byrne, Finlay Bealham, Quinn Roux, Will Connors, Conor Murray, Billy Burns, Keith Earls.

Wallis: Leigh Halfpenny, Liam Williams, Jonathan Davies, Owen Watkin, Josh Adams, Dan Biggar, Gareth Davies, Taulupe Faletau, Justin Tipuric, Shane Lewis-Hughes, Alun Wyn Jones (k), Will Rowlands, Tomas Francis, Ryan Elias, Rhys Carre. PLAASVERVANGERS: Elliot Dee, Wyn Jones, Samson Lee, Jake Ball, Aaron Wainwright, Lloyd Williams, Callum Sheedy, George North.

TV: 20:50 op SS Rugby (211).

Saterdag: Italië t. Skotland; Engeland t. Georgië. Sondag: Frankryk t. Fidji.
 – BBC, Sky Sports, Reuters
    Meer oor:  Wallis  |  Nasiesbeker  |  Toetsrugby  |  Ierland  |  Cj Stander  |  Rugby
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.