Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stadig oor die klippe, sê GW-breier Brent

Dit is dalk nog vroeg in die Curriebeker-reeks, maar die manier waarop die Griekwas die toernooi afgeskop het, sal hul ondersteuners groot Curriebeker-drome laat droom.

Ná twee wedstryde in die kompetisie is die Kimberleyse span voor in die koor danksy twee bonuspunte. En die manier waarop hulle tans speel, wys dat hulle net beter kan word.

Vrydagaand voor hul tuisskare het die Poubloues die Pumas met 37-29 geklop, maar hul afrigter, Brent Janse van Rensburg, het gemaan dat die kar nie voor die perde gespan moet word nie, al doen sy span tans goed.

Dié span het vyf drieë gedruk teenoor die vier van die Pumas met die Griekwas-heelagter, Anthony Volminck, se eerste drie wat sekerlik vir die meeste opwinding gesorg het toe hy ’n stuk of vier verdedigers met aftrappe geklop het om sy span op die telbord te kry.

“Ons moes die uitklophou al in die eerste helfte geplant het, maar individualisme deur spelers het ons gekelder,” het Janse van Rensburg gesê. “Daardie eerste 30 minute moes ons beter benut het. Daar was baie geleenthede om meer punte aan te teken, maar ons het nie ons balbesit opgepas nie.”

Janse van Rensburg meen egter dat dit ’n goeie geestelike wekroep vir sy span kan wees, gegewe dat hulle vorentoe slegs moeilike wedstryde het wat op hulle wag.

Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, het sy span se foutbelaaide vertoning as hul ondergang beskryf.

Dit is die tweede week in ’n ry dat sy span binne bereik van ’n oorwinning gekom het, maar net nie die wa deur die drif kon trek nie.

“Ons maak net te veel foute,” het Stonehouse gesê.

Hy wou nie spelers uitlig nie, maar het bygevoeg klein oordeelsfoute, veral met skoppies, het sy span gekelder.

“Wanneer jy in beheer is van die balbesit, moet jy dit konserwatief gebruik en foutloos wees. Dis ons probleem op die oomblik.”

Punte: Griekwas 37 (10): Drieë: Anthony Volmink (2), Eduan Keyter, Ewald van der Westhuizen, André Swarts. Doelskoppe: George Whitehead (2). Strafdoele: Whitehead, Tinus de Beer.

  • Morné Joubert, Andrew Beerwinkel, Ryan Nell, Morgan Naudé. Doelskoppe: Kobus Marais (2), Chris Smith. Strafdoel: Marais.
Meer oor:  Griekwas  |  Curriebeker-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.